Deel 1

Cards (76)

  • Anorganiese Verbindings
    • Nie ʼn lewende oorsprong nie.
    • Bevat nie koolstof nie (behalwe CO, CO2 ).
    • Is ʼn element of eenvoudige molekule.
    • Brand nie in suurstof nie. 
  • Organiese Verbindings:  
    • Oorsprong vanaf lewende organismes.
    • Bevat groot hoeveelhede koolstof (C) gewoonlik saam met waterstof, suurstof, stikstof en fosfor (H, O, N, P).
    • Is gewoonlik ʼn groot en ingewikkelde molekule.
    • Brand in suurstof en vorm dan koolstofdioksied (CO2).
  • Anorganiese verbindings is chemiese verbindings wat nie koolstof-waterstofbindings bevat nie. Voorbeelde sluit in water, minerale en anorganiese sure.
    • Water is die volopste anorganiese verbinding, wat meer as 70% van die aarde se oppervlak uitmaak.
    • Minerale kom natuurlik voor in die aardkors en is nodig vir die behoorlike funksionering van die liggaam, en kan gevind word in 'n verskeidenheid van voedsel.
  • Eienskappe van Water:
    • Bestaan uit H en O, in verhouding 2:1.
    • Mees belangrike anorganiese molekule.
    • 75% van alle lewe bestaan uit water. 
  • Water het verskeie belangrike funksies in lewende organismes:
    • Medium waarin chemiese reaksies plaasvind: Al die chemiese reaksies in lewende organismes vind in water plaas
    • Reagens tydens hidrolise: Deur die toevoeging van water word polimere (makro/reuse molekules) afgebreek na hul monomere (boustene)
    • Vervoermiddel: Verteerde voedingstowwe, metaboliese afvalstowwe, gasse (CO2 en O2 in bloed) asook minerale soute word in water vervoer
    • Smeermiddel: Water vergemaklik die kou- en slukproses. Dit help ook met die beweging van voedsel deur die res van die spysverteringskanaal. Waterige vloeistof rondom die oogbolle en gewrigte voorkom wrywing
    • Reguleer liggaamstemperatuur: Die liggaam verloor water deur sweet, wat verdamp en die liggaam afkoel
    • Bied vorm en stewigheid: Diere soos erdwurms en jellievisse besit hidrostatiese skelette (vloeistofgevulde liggame) wat vorm en stewigheid aan hul liggame bied. In die vakuole van plantselle veroorsaak water 'n druk wat van binne af teen die selwand druk. Hierdie druk staan bekend as turgordruk en hou plantselle stewig
  • Minerale soute is anorganiese stowwe/elemente wat deur lewende organismes (plante; mense en diere) benodig en geabsorbeer word.
  • Belangrikheid van MAKRO-elemente:
    Kalsium
    (Ca)
    • Bou sterk bene en tande
    • Nodig vir bloedstolling
    • Speel rol in deurlatendheid van selmembrane
    • Speel rol in spiersametrekking en oordrag van senuwee-impulse
    Mens: ragitis (kinders), osteomalasie, en osteoporose
    Plante: swak wortelgroei
  • Fosfor
    (P)
    • Bou sterk bene en tande
    • Komponent van ATP (energiedraer in selle)
    • Komponent van DNA en RNA
    • Deel van fosfolipiede in selmembrane
    Mens: kom selde voor
    Plante: vertraagde plantgroei
  • Natrium
    (Na)
    • Belangrik om waterbalans in die liggaam te handhaaf
    • Help met funksionering van senuwees en spiersametrekking
    • Beheer hartritme
    Mens: spierkrampe
    Plante: onbekend
  • Kalium
    (K)
    • Belangrik om waterbalans in die liggaam te handhaaf
    • Help met funksionering van spiere en senuwees
    • Help om hartritme te reguleer
    • Nodig om plantensieme te aktiveer
    Mens: kom selde voor
    Plante: geel en bruin blaarrande
  • Belangrikheid van MIKRO-elemente:
    Yster
    (Fe)
    • Help met vorming van hemoglobien wat O2 in die bloed vervoer
    • Help met die vorming van chlorofil-molekule in plante
    Mens: Anemie (bloedarmhoede)
    Plante: chlorose (vergeling van blare)
  • Jodium
    (I)
    • Komponent van die hormoon tiroksien, wat deur die tiroïedklier afgeskei word
    Mens: goiter
     
  • Eutrofikasie is die proses waartydens ‘n liggaam van water geleidelik verryk word met minerale en voedingstowwe, wat lei tot die oorgroei van alge en die dood van akwatiese lewe tot gevolg het.
  • Algemene Eienskappe van Koolhidrate:
    • Bestaan uit C, H, O in verhouding 1:2:1
    • Is opgemaak van monomere genoem sakkariedes
    • Monosakkaried = 1 sakkaried
    • Disakkaried = 2 sakkariedes
    • Polisakkaried = 3 of meer sakkariedes
  • Funksies van Koolhidrate: 
    • Glukose is die hoof bron van energie
    • Stysel en glikogeen word gebruik as reserve bron van energie.
    • Sellulose maak selwande sterk.
  • Koolhidrate is opgebou uit ringvormige eenhede wat sakkariede genoem word.
    1. Monosakkariede (Enkelsuikers)
    Monosakkariede is enkelringstrukture en daar word tussen die volgende drie onderskei:
    • glukose
    • fruktose
    • galaktose
  • Monosakkariedes is die mees basiese vorm van koolhidrate (boustene van koolhidrate).
    Mono = een sakkaried = suiker 
    • Hulle verrig baie funksies in selle.
    • Hulle word meestal gebruik om energie te produseer en te stoor.
    • Meeste organismes produseer energie deur die verbindings in glukose af te breek.
    .
  • Monosakkariedes:
  • 2. Disakkariede (Dubbelsuikers)
    'n Disakkaried word gevorm wanneer twee monosakkariede met mekaar verbind. Tydens die vorming van 'n disakkaried word een watermolekule uitgesplits. Hierdie reaksie staan bekend as 'n kondensasiereaksie.
    Di = tweesakkaried = suiker (monosakkariede)
  • Daar word tussen die volgende drie disakkariede onderskei:
    • maltose word givind in heuning.
    • sukrose - word gevind in suiker-riet suiker.
    • laktose is die hoof koolhidraat gevind in melkprodukte.
  • Disakkariedes:
  • 3. Polisakkariede lysaccharides
    'n Polisakkaried is 'n komplekse koolhidraatpolimeer wat gevorm word uit die koppeling van baie monosakkariede monomere.
    Poli = baie (meer as twee)sakkaried = suiker (monosakkeriede)
  • Voorbeelde van Polisakkariese: 
    • Selullose = bestaan uit glukose, gevind in selwande van plante
    • Stysel = betsaan uit glukose, oortolloge glukose word gestoor as stysel in plante
    • Glikogeen = bestaan uit glukose,  oortolloge glukose word gestoor as glikogeen in die lewer van diere
    • Chitien = ‘n sterk koolhidraat gevind in eksoskelette en selwande van plante
  • Proteïene het die volgende algemene eienskappe: 
    • Bestaan uit C, H, O en N.  
    • Die basiese bousteen (monomeer) word 'n AMINOSUUR genoem.
    • Die volgorde en tipe aminosuur bepaal die tipe proteïen.
    • Elke aminosuur het 'n baie spesifieke vorm – dit bepaal die funksie wat dit moet verrig.
    • Aminosure word saam gehou deur middel van PEPTIED bande
    • Proteïene is sensitief vir temperatuur en pH en sal DENATUREER (vorm veranderinge, onherstelbaar) wanneer dit nie in ideale kondisies is nie.
  • Dipeptied = TWEE aminosure gekoppel deur 'n peptiedverbinding Tripeptied = DRIE aminosure gekoppel deur peptiedverbindings Polipeptied = Meer as drie, maar minder as 50 aminosure gekoppel deur peptiedverbindingsProteïen = Meer as 50 aminosure gekoppel deur peptiedverbindings
  • Proteiene:
  • Funksies van Proteiene:
    • Strukturele komponent van protoplasma
    • Boumateriaal in verskillende weefsels en organe van die liggaam bv. miosien in spiere, kollageen in been, keratien in die vel
    • Speel 'n rol in die deurdringbaarheid van selmembrane, deur ander molekules deur die membraan te dra
    • Kan gebruik word as 'n reserwebron van energie
    • Hemoglobien (‘n proteien) vervoer suurstof en koolstofdioksied in die bloed
    • Help om hormone te maak
    • Beskerm die liggaam teen siektes deur teenliggaampies te vorm
    • Chromosome is gemaak van proteïen en DNS
    • Hou die liggaam pH konstant deur op te tree as 'n buffer
    • Maak ensieme, wat chemiese reaksies en metaboliese prosesse meebring bv. Die afbreek van 'n voedselmolekules tydens vertering
  • Proteien Diagram 2:
  • 'n Ensiem is dus 'n biologiese katalisator wat 'n chemiese reaksie versnel, deur die aktiveringsenergie te verlaag, sonder om self deur die reaksie verander te word.
  • Eienskappe van ensieme:
    • Proteïene van aard
    • Tree op as katalisators (bring 'n reaksie teweeg sonder om hulself te verander)
    • Verlaag die aktivering energie van 'n reaksie, dus bespoedig dit
    • Kan help om 'n komplekse molekule te bou (ANABOLIES) of kan 'n komplekse molekule afbreek in eenvoudiger komponente (KATABOLIES)
    • Is pH, temperatuur en substraat spesifiek (sal DENATUREER wanneer hulle nie in hul optimale omgewing is nie)
    • Kan herhaaldelik gebruik word
    • 'n Baie klein hoeveelheid is nodig om 'n groot hoeveelheid substraat te verander
    • Is vernoem volgens die substraat waaraan hulle werk. Sukrase werk op sukrose
  • Ensieme:
  • Hoe werk ensieme?
    1. Die stof waarop die ensiem werk, is die SUBSTRAAT.
    2. Elke ensiem het 'n spesifieke vorm en is SUBSTRAAT SPESIFIEK (sal slegs aan 'n spesifieke substraat werk).
    3. Die substraatmolekule pas in die ensiem se AKTIEWE SENTRUM (soos 'n slot en sleutel).
    4. Dit vorm 'n ENSIEM-SUBSTRAAT KOMPLEKS.
    5. Die aktiveringsenergie word verlaag en die substraat verander om 'n PRODUK te vorm.  
    6. Die substraat verlaat die aktiewe setel.
    7. Die ensiem bly onveranderd en kan weer gebruik word.
  • Chemiese reaksies wat in lewende selle plaasvind, staan bekend as metaboliese reaksies.
  • Twee tipes metaboliese reaksies kan onderskei word:
    1. Opbouende (anaboliese) reaksie - Tydens hierdie tipe reaksie word 'n komplekse molekule opgebou/gesintetiseeruit eenvoudige molekules. Energie word gewoonlik benodig.
    2. Afbrekende (kataboliese) reaksie - Tydens hierdie tipe reaksie word 'n komplekse molekule afgebreek na eenvoudige molekules. Energie word gewoonlik vrygestel.
  • Ensiem Diagram 2:
  • Twee faktore wat ensieme affekteer: 
    1. Temperatuur
    2. pH
  • TEMPERATUUR
    • Lae temperature maak 'n ensiem tydelik onaktief.
    • Hoë temperature DENATUREER die ensiem - die vorm verander en pas nie meer by die spesifieke substraat nie. Dit is onomkeerbaar.
    • Die optimale temperatuur is 35˚C tot 40˚C. Liggaam temp is 37˚C