Nw-Fotosintese

Cards (25)

  • Glukose-lekkers suig gee energie, wat oorspronklik sonligenergie was en deur plante in chemiese energie verander word voor jou liggaam dit kan gebruik
  • Plante is lewende voedselfabrieke en lewe sonder fotosintese sou onmoontlik wees
  • Toets 'n blaar vir stysel:
    • Benodigdhede: verskeidenheid blare, kookwater, glasbeker, knyptang, drupper, Bunsenbrander, proefbuis met alkohol, verdunde jodiumoplossing
    • Metode:
    1. Neem 'n blaar van 'n gesonde plant en gooi dit in kokende water in 'n waterbad vir ongeveer 30 sekondes
    2. Verwyder die blaar en plaas dit in 'n proefbuis met alkohol, sorg dat die blaar heeltemal deur die alkohol bedek is
    3. Verwyder die blaar uit die alkohol wanneer dit sy kleur verloor het, doop dit in water en bedek dit met verdunde jodiumoplossing
    4. 'n Blou tot swart kleur toon dat die blaar stysel bevat
  • Eksperimentele verslag moet die volgende opskrifte bevat: doel, hipotese, apparaat, metode, diagram, resultate, gevolgtrekking en bespreking
  • Die proses van fotosintese:
    • Woordvergelyking: water + koolstofdioksied + chlorofil + sonligenergie
    • Glukose, wat tydens fotosintese produseer word, kan verander in stysel, suiker en suurstof
  • Dinge wat met glukose kan gebeur:
    1. 'n Bietjie van die glukose wat 'n blaar vervaardig, sal gedurende die proses van respirasie binne die selle met suurstof reageer om energie vir die sel vry te stel
    2. Glukose is oplosbaar en reaktief, dus word dit in stysel verander, 'n groot, nie-reaktiewe en nie-baie-oplosbare molekuul
    3. Styselkorreltjies word in verskillende dele van die plant geberg
  • Plante kan glukose gebruik as 'n beginpunt om stysels, suikers, sellulose, olies en proteïene te vervaardig
  • Aanpassings vir fotosintese sluit in dat 'n plant se blaar uit 'n breë, plat blaarskyf bestaan
  • Fotosintese:
    • Proses waar ligenergie deur plante gebruik word om voedsel te produseer
    • Vind in chloroplaste plaas
    • Chloroplaste bevat chlorofilpigmente wat plant hulle groen kleur gee
    • Sonlig op 'n molekuul van chlorofil word geabsorbeer en vasgelê in glukose, wat deur die plant geproduseer word
  • Plante gebruik anorganiese stowwe (water en koolstofdioksied) om organiese stowwe te vervaardig
  • Water word deur die wortels van 'n plant geabsorbeer en met die stingel langs na die blare van die plant vervoer
  • Koolstofdioksied word direk uit die atmosfeer geabsorbeer deur huidmondjies in die blare
  • Fotosintese produseer twee nuwe stowwe: glukose en suurstof
  • Glukose is 'n organiese stof en die koolhidraat wat tydens fotosintese vervaardig word
  • Organiese stowwe word altyd deur lewende dinge vervaardig en is taamlik groot molekule
  • Organiese stowwe bestaan uit koolstof-, waterstof- en suurstofatome en die bindings wat tussen hierdie atome gevorm word, berg die energie wat van die son gekom het
  • Die energie wat van die son gekom het, word nou chemiese potensiële energie genoem en is die energie wat vir lewende organismes beskikbaar is sodat hulle hul noodsaaklike funksies kan verrig
  • Suurstof is 'n anorganiese stof en beweeg uit die selle van die plant deur die huidmondjies na die atmosfeer
  • Fotosintese en respirasie is sleutelprosesse in die biologie
  • Die proses van fotosintese hou direk verband met die lewe en oorlewing van alle lewende dinge op aarde
  • Fotosintese verskaf suurstof, voedsel en energie aan alle lewende dinge en verminder die vlak van koolstofdioksied in die atmosfeer
  • Alle lewende dinge het energie nodig om te beweeg, te groei, dinge in hulle liggame te vervoer, en vir metaboliese reaksies en ander lewensbelangrike funksies
  • Voedsel bevat energie; plante kan hulle eie voedsel produseer en energie daarvan verkry (outotrofiese voeding), terwyl diere voedingstowwe van plante moeten verkry (heterotrofiese voeding)
  • Plante verander sonligenergie in chemiese potensiële energie deur fotosintese, die grootste vervaardigingsproses in die wêreld
  • Fotosintese vind plaas in die groen dele van 'n plant, veral in die blare wat die meeste chloroplaste bevat