def

Cards (13)

  • Normaalkrag is die krag wat loodreg op 'n oppervlak op 'n voorwerp waarmee dit in kontak is, uitoefen
  • Statiese wrywingskrag is die krag wat die neiging van beweging van 'n stilstaande voorwerp relatief tot 'n oppervlak teenwerk
  • Newton se eerste bewegingswet: 'n Liggaam sal in sy toestand van rus of beweging teen konstante snelheid volhard, tensy 'n nie-nul resulterende/netto krag daarop inwerk
  • Newton se derde bewegingswet: Wanneer voorwerp A 'n krag op voorwerp B uitoefen, sal voorwerp B GELYKTYDIG 'n krag van gelyke grootte en in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uitoefen
  • Newton se Universele Gravitasiewet: Elke liggaam in die heelal trek elke ander liggaam aan met 'n krag direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hul middelpunte
  • Momentum is die produk van 'n voorwerp se massa en sy snelheid
  • Lineêre momentum van 'n voorwerp is 'n vektorgrootheid met dieselfde rigting as die snelheid van die voorwerp
  • Skryf Newton se tweede wet in terme van momentum neer: Die netto (of resulterende) krag wat op 'n voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag
  • Impuls is die produk van die netto krag wat op 'n voorwerp inwerk en die tyd wat die netto krag op die voorwerp inwerk
  • Geïsoleerde sisteem is 'n sisteem waarop die netto eksterne krag nul is
  • Behoud van lineêre momentum: Die totale lineêre momentum in 'n geïsoleerde sisteem bly konstant (behoue)
  • Projektiel is 'n voorwerp waaraan 'n beginsnelheid gegee is en wat dan slegs onder die invloed van die gravitasiekrag beweeg
  • wat is die verandering in momentum se formule?
    (delta)p = Pf - Pi