rtt terme gr 10-12

Cards (63)

  • Absolute selverwysing ’n Selverwysing wat nie verander wanneer die funksie of formule gekopieer word nie. Om hierdie te doen

    word ’n dollarteken ($) voor die kolomletter en/of rynommer gevoeg.
  • Append (Access) Voeg rekords in ’n bestaande tabel van ’n databasis by.
  • Attribuut (HTML) ’n Naam–en–waarde kombinasie wat ’n eienskap (property) van ’n element definieer. Vir sommige elemente is meer as een beskikbaar

    bv. die fontgrootte en die kleur van die teks.
  • Bibliografie ’n Lys van bronne waarna verwys is

    en wat aan die einde van ’n dokument gevind word geformateer volgens ’n gekose styl bv. APA of Chicago.
  • Boekmerk/Teikenarea (HTML) ’n Posisie op ’n webblad wat met behulp van HTML–kode gemerk en met ’n sekere naam gestoor word. ’n Anchor–tag saam met die href–attribuut word dan gebruik om ’n hiperskakel na dit toe te skep.
  • Boekmerk (Word) Word gebruik om plekke of spesifieke teksgedeeltes in ’n dokument te merk sodat mens vinnig en maklik daarheen kan navigeer.
  • Byskrif (Caption – Word) ’n Genommerde beskrywing wat aan ’n grafiese objek (soos ’n diagram of ’n foto) of aan ’n tabel toegeken word.
  • Chart Area (Excel) Bestaan uit die Plot Area en die ‘buitenste’ deel van die grafiek waar die titels voorkom.
  • Sitaat (Citation) Verwysing na die bron wat in ’n spesifieke instansie gebruik is en in die teks

    direk na die inligting waarna verwys word gevind word.
  • Kolomonder–breking (Column break) – Word Gebruik as jy teks na die begin van die volgende kolom wil skuif.
  • Combo Box (Access) ’n Lys van waardes waaruit die gebruiker ’n waarde kan kies. Net een waarde sal op ’n slag sigbaar wees

    die ander sal verskyn wanneer daar op die pyltjie van die aftrek–kieslys geklik word. ’n Lookup Wizard word gebruik om die lys met waardes te skep.
  • Kombinasie–grafiek (Combo chart) – Excel As ’n grafiek meer as een datareeks het

    kan ’n ander tipe grafiek vir elke reeks gebruik word.
  • Konstante (Excel) ’n Inskrywing wat ’n spesifieke vaste waarde het

    bv. 3.5.
  • Crop (Word) Die verwydering van gedeeltes van ’n prent wat jy nie wil gebruik nie. Jy kan die prent ook pasmaak om byvoorbeeld in ’n spesifieke vorm te pas.
  • Kruisverwysing Word gebruik om na verwante inligting op ’n ander plek in dieselfde dokument te verwys. Mens kan kies watter inligting om te vertoon oor die item waarna verwys word. ’n Hiperskakel na hierdie item word by verstek geskep.
  • CSV–leer ’n Tekslêer wat kommas gebruik om die waardes in elke reël te skei. Dit word algemeen gebruik om data vanaf een program na ’n ander in– of uit te voer.
  • Data–etikette (Data labels) – Excel Die waardes van die datapunte op ’n grafiek.
  • Datareeks (Excel) ’n Kolom of ry getalle in ’n sigblad wat op ’n grafiek vertoon word.
  • Data–validering Die toepassing van enige tegniek wat kan verhoed dat ongeldige data ingetik word.
  • Date picker (Access) Kontrole in Access waarmee mens ’n spesifieke datum kan kies deur op ’n skermkalender te klik.
  • Verstek–waarde (Access) ’n Waarde wat outomaties aan ’n veld in ’n nuwe rekord toegeken word.
  • Skeidings–karakter (Delimiter) ’n Karakter
    soos ’n komma spasie of tab wat gebruik word om stukkies data (elke veld) in ’n reël van ’n CSV–lêer te skei.
  • Drop Cap (Word) ’n Vergrote

    eerste letter of woord van ’n paragraaf wat afval in die reël(s) ondertoe.
  • En–streep (Word) ’n Aandagstreep wat net langer as ’n koppelteken is en veral by getalintervalle en tussen opmerkings gebruik word.
  • Eindnota (Endnote – Word) Soos ’n voetnota (soortgelyke funksie)
    maar die verskil is dat hierdie een aan die einde van ’n afdeling of aan die einde van ’n dokument voorkom
  • Uitvoer (Exporting) Om data in ’n formaat te stoor wat deur verskillende weergawes van dieselfde toepassing
    of deur ’n ander toepassing gelees kan word.
  • Veld (Access) ’n Enkele feit of die kleinste eenheid van data binne ’n databasis.
  • Filter (Access) ’n Kriterium of reël wat jy vir ’n veld opstel om slegs die rekords wat aan die kriterium voldoen

    te vertoon.
  • Filter (Excel) Kenmerk wat gebruik word om slegs sekere rye data in ’n werkblad te vertoon.
  • Voetnota (Footnote – Word) Bykomende inligting wat onderaan ’n bladsy geplaas word en deur ’n nommer of simbool aan die relevante teks in die dokument op die bladsy gekoppel word.
  • Gap width (Excel) Die afstand tussen die stafies of balkies in ’n grafiek – word as ’n persentasie van die wydte van die stafies of balkies gegee.
  • Gidslyne (gridlines – Excel–grafiek) Lyne in die plot–area van ’n grafiek

    wat dit makliker maak om die waardes van die datapunte te skat.
  • Gidslyntjies (gridlines) – Excel–werkblad Lyne wat ’n rooster vorm en veroorsaak dat die selle van ’n werkblad onderskei kan word.
  • Hardespasie (Word) ’n Spasie waar woordomvou nie kan plaasvind nie. Die karakters / woorde weerskante daarvan sal saam op ’n reël bly.
  • Bladsy–boskrif/ onderskrif (Header / Footer) ’n Area binne die boonste of onderste kantlyne van ’n dokument wat inligting kan bevat wat op elke bladsy van die dokument of seksie vertoon word

    soos bladsynommers 'n maatskappy se logo of die lêernaam"
  • Invoer (Importing) Om data wat met ’n ander weergawe van ’n toepassing of deur ’n ander toepassing geskep is
    oop te maak of te ‘lees’.
  • Toevoer–masker (Input Mask – Access) ’n Veldeienskap wat in Design View vir ’n spesifieke veld gestel kan word. Dit is ’n kode wat uit ’n kombinasie van letters

    syfers en simbole bestaan en word gebruik om ’n spesifieke formaat waarin data ingesleutel moet word af te dwing.
  • Etiket (Label – Access) ’n Kontrole wat teks bevat en hoofsaaklik vir opskrifte en byskrifte gebruik word.
  • Randskrif (Legend – Excel) Die ‘sleutel’ wat die name van die verskillende datareekse in die grafiek aandui

    deur die vulkleure of patrone wat gebruik is te benoem.
  • List Box (Access) ’n Lys van waardes waaruit die gebruiker ’n waarde kan kies maar nie een kan byvoeg nie.