Besigheids

Cards (375)

  • Voorbeelde van byvoordele
    • Positiewe/Voordele
    • Negatiewe/Nadele
  • Positiewe/Voordele
    • Aantrekke byvoordeelpakkette kan lei tot hoër werknemerbehoud, verminderde personeelomset en lae werknemersverlatingskoerse
    • Lok en behou gekwalifiseerde, vaardige en ervare werknemers wat positief kan bydra tot die besigheid se doelwitte en doelstellings
    • Verhoog werknemers se werkstevredenheid, lojaliteit en moraal aangesien werknemers bereid is om die ekstra myl te loop
    • Verbeter produktiwiteit wat lei tot hoer winsgewendheid
    • Besighede spaar geld aangesien voordele belastingaftrekbaar is
    • Byvoordele kan as hefboom vir salarisonderhandelinge gebruik word
  • Negatiewe/Nadele
    • Byvoordele is bykomende koste wat tot kontantvloeiprobleme vir die besigheid kan lei
    • Administratiewe koste neem toe aangesien voordele korrek aangeteken moet word vir belastingdoeleindes
    • Verminder besigheidswinste omdat aansporings-, pakket-of vergoedingskoste hoer is
    • Skep konflik of lei tot korrupsie as byvoordele onregverdig toegeken word
    • Werknemers bly slegs by die besigheid vir byvoordele en mag dalk nie toegewyd of lojaal tot hul take of die besigheid wees nie
  • Die impak van byvoordele op besighede
  • Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)
  • Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
  • Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)
  • Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997)
  • Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (WVBBS/COIDA) (Nr. 61 van 1997)
  • Die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) (Nr. 53 van 2003, gewysig in 2013)
  • Die Nasionale Kredietwet (NKW) (Nr. 34 van 2005)
  • Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)
  • SOOO's (SETAs) word befonds
  • Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO)

    Speel 'n belangrike rol om te verseker dat die Suid-Afrikaanse arbeidsmag vaardig is en bydra tot die produktiwiteit en ekonomiese groei van die land
  • Die WVO poog om meer Suid-Afrikaners in staat te stel om toegang te verkry tot vaardigheidsopleiding wat langtermyn voordele vir die bevolking en die samelewing inhou
  • Doel van die WVO
    • Ontwikkel die vaardighede van Suid-Afrikaners om produktiwiteit in die werkplek te verbeter
    • Moedig besighede aan om die vaardighede van nuwe en bestaande werkers te verbeter
    • Belê in die onderwys en opleiding van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag
    • Herstel doelbewus wanbalanse van die verlede deur onderwys en opleiding
    • Verbeter die werksvooruitsigte van voorheen benadeelde mense
    • Verskaf die sistematiese implementering van vaardigheidsontwikkelingstrategieë op 'n nasionale-, sektor- en werkplekbasis
  • Positiewe/Voordele van die WVO op besighede
    • Vermeerder die aantal werkers wat oor skaars vaardighede beskik
    • Verbeter produktiwiteit in die werkplek want werknemers word bemagtig deur opleidingsprogramme, en word dus meer kundig
    • Verhoog globale mededingendheid van Suid-Afrikaanse besighede, aangesien meer werknemers opgelei word met opgegradeerde, relevante en skaars vaardighede
    • Verbeter die opbrengs op belegging (OOB) in onderwys en opleiding
    • Verhoog belegging in onderwys en opleiding in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark
    • Verbeter die dienslewering van besighede omdat werknemers op 'n optimale vlak werk
  • Negatiewe/Nadele van die WVO op besighede
    • Die implementering van die WVO is tydrowend, duur, voorskriftelik en administrasie-intensief
    • Die heffing op vaardigheidsontwikkeling (VOH) plaas 'n bykomende las op besighede wat finansieel sukkel
    • Die WVO-inisiatief van die regering word dalk nie altyd deur alle besighede ondersteun nie
    • Besighede vind dit moeilik om die implementering van hierdie Wet te monitor en te beheer
    • Produktiwiteit in die werkplek mag afneem want werknemers moet leerlingskappe tydens werksure bywoon
    • Slegs maatskappye/besighede met 'n salarisrekening van meer as R500 000 per jaar kan toelaes terugeis van die VOH
  • Optredes wat nie voldoen aan die WVO nie
    • Die voorkoming van gekwalifiseerde werknemers om toegang tot opleidingsgeleenthede en leerlingskappe te verkry
    • Die voorkoming van werknemers se toegang tot leerlingskappe gebaseer op enige diskriminerende gronde soos swangerskap, ouderdom, posisie, taal, geslag, seksuele oriëntasie, kultuur of geloof
    • Die onregverdige bevordering van vaardigheidsontwikkeling, byvoorbeeld, waar slegs sekere werknemers bevoordeel word
    • Vervalsing van inligting in enige dokumentasie soos werksplekvaardigheidsplanne en belastingdokumentasie wat by die SAID ingedien is
    • Die verskaffing van indiensnemingsdienste vir wins sonder om as 'n werkgewer geregistreer te wees of by die betrokke SOOO (SETA) geregistreer te wees
    • Die verskaffing van verkeerde en ontoepaslike inligting oor 'n leer
  • Werknemers moet leerlingskappe tydens werksure bywoon
  • Slegs maatskappye/besighede met 'n salarisrekening van meer as R500 000 per jaar kan toelaes terugeis van die VOH
  • Optredes wat nie voldoen aan die WVO nie
    • Die voorkoming van gekwalifiseerde werknemers om toegang tot opleidingsgeleenthede en leerlingskappe te verkry
    • Die voorkoming van werknemers se toegang tot leerlingskappe gebaseer op enige diskriminerende gronde soos swangerskap, ouderdom, posisie, taal, geslag, seksuele oriëntasie, kultuur of geloof
    • Die onregverdige bevordering van vaardigheidsontwikkeling, byvoorbeeld, waar slegs sekere werknemers bevoordeel word
    • Vervalsing van inligting in enige dokumentasie soos werksplekvaardigheidsplanne en belastingdokumentasie wat by die SAID ingedien is
    • Die verskaffing van indiensnemingsdienste vir wins sonder om as 'n werkgewer geregistreer te wees of by die betrokke SOOO (SETA) geregistreer te wees
    • Die verskaffing van verkeerde en ontoepaslike inligting oor 'n leerlingskap om werknemers doelbewus te mislei
  • Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WVO
    • Besighede kan 'n nakomingsbevel van die Arbeidshof ontvang
    • Besighede kan groot boetes ontvang en kan tronkstraf (gevangenisstraf) opgelê word
    • Besighede wat nie die VOH betaal nie, mag nie leerlingskappe aan werknemers aanbied of toelaes van die WVO eis nie
    • 'n Arbeidsinspekteur mag die bedrywighede van die besigheid onbepaald staak
    • Die besigheid se lisensie kan teruggetrek word
  • Maniere waarop besighede vereistes van die WVO kan nakom
    • Vertoon 'n opsomming van die WVO in die besigheid waar dit vir alle werknemers sigbaar is
    • Gee geleenthede aan alle werknemers om hul vaardighede te verbeter
    • Evalueer die vaardighede van werknemers om die areas waarin vaardigheidsontwikkeling nodig is te bepaal/vas te stel
    • Bevorder en moedig werknemers aan om hul vaardighede te verbeter en aktief by leerlingskappe betrokke te raak
    • Werkgewers wat LBS (werknemersbelasting) invorder, moet by die betrokke SETA registreer
    • Werkgewers wie se salarisuitgawes R500 000 ('n halfmiljoen rand) per jaar oorskry, moet 1% daarvan as 'n vaardigheidsheffing oorbetaal
    • Werkgewers moet 'n werksplekvaardigheidsplanne indien en bewyse lewer dat dit geïmplementeer is
  • Nakomingsbevel/voldoeningsbevel
    'n dokument uitgereik deur 'n geregshof aan 'n besigheid wat die besigheid dwing om aan 'n spesifieke aspek van 'n wetgewing/beslissing te voldoen
  • Teruggetrek
    Die besigheidslisensie kan amptelik deur die Arbeidshof gekanselleer of herroep word
  • Nakoming
    Maniere/metodes waarop besighede aan die WVO kan voldoen
  • SOOO (SETA)
    'n beroepsvaardigheid-opleidingsorganisasie in Suid-Afrika wat leerlingskappe, internskappe en vakleerlingskappe in die onderskeie besigheidsektore identifiseer/beskryf/bestuur en skep
  • Rol en funksie van 'n SETA
    • Registreer verskillende leerlingskappe en leerprogramme
    • Bevorder en vestig verskillende leerlingskappe
    • Keur die werksplekvaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed wat deur besighede ingedien word
    • Ontwikkel vaardigheidsplanne wat in lyn is met die doelwitte van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
    • Ontwikkel vaardigheidsontwikkelingsplanne vir die verskillende ekonomiese sektore
    • Bevorder leerlingskappe en leerprogramme deur gepaste werkplekke vir praktiese werksondervinding te identifiseer
  • Befondsing van SETAs
    • Vaardigheidsontwikkelingsheffings (VOHs) word deur werkgewers aan die SAID betaal
    • Werkgewers met 'n salarisrekening wat R500 000 per jaar oorskry, moet een persent (1%) van hul jaarlikse salarisse as 'n heffing betaal
    • Die onderskeie SETAs ontvang 80% van die heffing vir organisatoriese-uitgawes en die oorblywende 20% word aan die Nasionale Vaardigheidsfonds betaal
    • Skenkings/Toelaes ontvang van die publiek/besighede/KMI-programme
    • Surplusfondse van staatsinstellings
    • Fondse ontvang uit die lewering van hul dienste
  • Leerlingskap
    'n Teoretiese en praktiese opleidingsgeleentheid wat lei tot 'n erkende beroepskwalifikasie
  • Betekenis van leerlingskappe

    • 'n Leerlingskap verskaf gestruktureerde leerprogramme wat gedurende werksure vir 'n bepaalde tydperk voltooi word
    • Dit sluit 'n opleidingskursus met leermateriaal sowel as praktiese werkservaring in
    • 'n Leerderskap is 'n ooreenkoms tussen die leerder, die werkgewer en die verskaffer van die opleiding, wat die regte en verantwoordelikhede van al drie partye uiteensit
    • Dit kan soms indiensneming vir 'n bepaalde tydperk nadat die leerlingskap voltooi is insluit
  • Die voltooiing van 'n leerlingskap lei tot die bereiking van 'n nasionale erkende kwalifikasie wat op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) geregistreer is
  • Verryking: Bykomende inligting oor leerlingskappe

    • Hierdie nasionale erkende kwalifikasie hou direk verband met 'n beroep
    • 'n Leerlingskap kombineer gestruktureerde leer met praktiese werkservaring terwyl dit in diens is van 'n geakkrediteerde openbare of private leerlingskap-verskaffer
    • Leerders moet klasse by kolleges/opleidingsentrums bywoon om die klaskamer-gebaseerde leer te voltooi, en hulle moet indiensopleiding by 'n werkplek voltooi
    • 'n Leerlingskap is uitkomsgebaseerd en nie tydgebaseerd nie, en maak voorsiening vir die erkenning van vorige leer
    • Die tydsduur van 'n leerlingskap verskil, maar die gemiddelde tydsduur is ongeveer 18 maande
    • Mense wat 'n leerlingskap betree, moet ten minste 16 jaar oud en jonger as 35 jaar oud wees
  • NKR vir leerlingskapvlakke 1 - 4
    • Ambagsman (Beroepsgetoets of L4-sertifikaat)
    • Nasionale Sertifikate
    • N2
    • Vlak 4
  • Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
    Gemik daarop om vaardighede te ontwikkel, onderwys te verbeter, en ondersteuning en opleiding aan die Suid-Afrikaanse arbeidsmag te verskaf
  • Menslike hulpbronontwikkelingstrategie (MHOS)

    Beoog om gelykheid aan te spreek en om armoede en ongelykheid in Suid-Afrika te verminder deur vaardigheidstekorte in die ekonomie aan te spreek
  • Verduideliking van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
    • Verhoog toegang tot programme wat mense oplei
    • Spreek die lae vlak/tekort aan taal- en wiskundige vaardighede onder die jeug en volwassenes aan
    • Bevorder die openbare VOO-kollegestelsel wat programme het om te voldoen aan die vaardighede wat deur SETAs/plaaslike/streeks-/provinsiale/nasionale organisasies benodig word
    • Maak beter gebruik van en verbeter werkplek-gebaseerde vaardigheidsontwikkeling
    • Ondersteun en moedig inisiatiewe vir opleiding aan by klein besighede/gemeenskap-opleidingsgroepe/NRO's
    • Verhoog/verbeter die vaardighede van die openbare sektor om dienslewering te verbeter
    • Bou loopbaan/beroepsv
    1. vlakke
    • R-vlak 1
    • R-vlak 2
    • R-vlak 3
    • R-vlak 4
    1. vlakke moet verwerf word om die ambagskalifikasie of L4-sertifikaat te kry