Hoofstuk 9

Cards (66)

  • Korttermynversekering (Insurance)

    Ingeval iets gebeur (bv. brand, diefstal, oorstroming, ens.). Hierdie dinge kan gebeur of nie, maar om die risiko te bestuur, ingeval hulle wel gebeur, verlang die versekerde skadeloosstelling (m.a.w herstel van die finansiële posisie soos voor die insident)
  • Langtermynversekering (Assurance)
    Om die risiko te bestuur dat ons geliefdes sonder inkomste sal sit met ons afsterwe of dat ons na aftrede nie 'n aanvaarbare lewenstandaard sal kan handhaaf nie, deur lewensversekering
  • Sommige risiko's is versekerbaar, maar ander is nie versekerbaar nie en sommige is so duur om te verseker dat dit onbekostigbaar is om daarteen te verseker
  • Nie-versekerbare risiko's
    • Oorlog
    • Slegte skuld
    • Prysskommelings as gevolg van tydsverloop tussen besteltyd en aflewering
    • Handelsvoorraad wat verouderd raak as gevolg van modeveranderings
    • Tegnologie wat verander en masjinerie wat uitgedien raak
    • Onwettige optredes
  • Skadeloosstelling
    Gee aan die versekerde die gerustheid in die wete dat, as die versekerde bate skade opdoen of vernietig word, die versekerde genoegsaam vergoed sal word vir enige verliese
  • Sekuriteit

    Doel is om finansiële sekuriteit te verskaf aan die versekerde wanneer hy/sy aftree of aan die versekerde se afhanklikes wanneer hy/sy sterf of as hy/sy ongeskik vir werk verklaar word
  • Awery-klousule (Average clause)

    Beginsel wat toegepas word as die bate nie verseker is vir die korrekte waarde nie. As die bate onder-verseker is, het die versekerde nie deurentyd 'n premie betaal wat voldoende is om die volle risiko te dek nie
  • Bybetaling
    Randbedrag of % van die verlies/eis soos deur die polis bepaal wat die verantwoordelikheid van die versekerde is om te betaal
  • Onmiddellike oorsaak (Proximate cause)

    Versekeringsmaatskappy sal seker maak dat die verlies die gevolg was van 'n gebeurtenis wat verseker is (die onmiddellike/werklike oorsaak) en nie 'n sekondêre gebeurtenis wat nie verseker is nie
  • Subrogasie
    As die versekerde van die versekeringsmaatskappy geeis het vir 'n insident, kan hy/sy nie ook eis van die skuldige party wat die verlies veroorsaak het nie. Die reg om te eis van die skuldige party word oorgedra na die versekeringsmaatskappy
  • Afstanddoening of om die polis te sedeer (oor te teken)

    Uitkeerpolis bou mettertyd kontant op soos daar elke maand 'n premie betaal word. As die versekerde die polis wil beëindig, kan hy/sy die polis sedeer (oor teken) aan 'n ander persoon
  • As 'n brand uitbreek by besigheidsperseel en die eienaar gly in die water wat gebruik word om die brand te blus en hy breek sy arm

    Hy kan nie eis vir sy mediese uitgawes deur sy brandversekeringspolis nie
  • Die persoon kan nou nie eis vir die verlies van sy motor onder die huishoudelike polis nie, want dit is 'n aparte insident wat die tweede verlies (die gesteelde motor) veroorsaak het
  • Subrogasie
    As die versekerde van die versekeringsmaatskappy geeis het vir 'n insident wat plaasgevind het, kan hy/sy nie ook eis van die skuldige party wat die verlies veroorsaak het nie. Die reg om te eis van die skuldige party word oorgedra na die versekeringsmaatskappy wat dan van die skuldige party mag eis
  • Afstanddoening of om die polis te sedeer (oor te teken)
    As die versekerde nou geld nodig het, kan die polis gesedeer/oorgeleken word aan 'n krediteur (bank) as aanvullende sekuriteit om 'n lening te verkry
  • Absolute goedertrou
    Dit is ook bekend as absolute eerlikheid en vereis dat die versekerde alle relevante inligting rakende die risiko moet verklaar. As alle vrae nie eerlik en akkuraat beantwoord word nie, sal die risiko nie gedek wees nie en die polis sal nietig verklaar word
  • Versekerbare belang

    As dit bewys kan word dat hy/sy 'n finansiële verlies gaan ly as 'n sekere gebeurtenis plaasvind
  • Voorbeelde van versekerbare belang
    • Persoon se eie bates (besittings)
    • Persoon se eie gesondheid (as hy/sy permanent of tydelik ongeskik verklaar word) of in sy/haar lewe (in die geval van dood, moet die gesinslede versorg word)
    • Getroude persoon in die lewe van die huweliksmaat (eggenoot of eggenote)
    • Besigheidsvennote in die lewe van medevennote
    • Krediteur in die lewe van sy/haar debiteur (die persoon wat hom/haar geld skuld)
  • Handelsbevoegdheid
    Die persoon wat die versekeringskontrak (en enige ander kontrak) sluit moet op wettige ouderdom en by gesonde gees/verstand wees
  • Tipes versekering
    • Verpligte versekering
    • Versekering waar die individu of besigheid kan kies of hulle die versekering wil uitneem
  • Verpligte Versekering
    • Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
    • Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA)
  • Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
    Gee korttermyn verligting aan werkers wanneer hulle werkloos is of wanneer hulle nie kan werk nie a.g.v. kraamverlof of siekte
  • WVF het in 2020 uitbetaal aan werkers wat nie salarisse ontvang het nie, omdat besighede nie inkomste kon genereer nie omdat daar Covid-19 inperkings gegeld het
  • In 2020 is daar ook "ouerskapsverlof" ingestel. Die werknemer moes reeds 13 weke gewerk het om vir hierdie voordeel te kwalifiseer
  • Wie mag eis vir ouerskapsverlof?
    • Pa of iemand in 'n selfde-geslag-verhouding ("same sex relationship") wat ouers geword het
    • Een van die ouers as die kind wat aangeneem word, jonger as 2 jaar oud is
    • Een van die ouers waar daar van surrogaatouerskap gebruik gemaak word
  • Bydraes vir WVF
    1% van die bruto salaris word van die werknemer se salaris afgetrek en dieselfde bedrag word bygedra deur die werkgewer
  • Wie word vrygestel van WVF-bydraes?

    • Werknemers wat minder as 24 uur per maand werk
    • Werknemers wat slegs kommissie verdien
    • Werknemers van die Nasionale of Provinsiale regerings
    • Staatsamptenare en buitelanders wat in die land werk
    • Werkers op leerderskappe
  • Huishulpe word ingesluit in die WVF-wetsontwerp en die werknemer moet seker maak dat hy/sy by die Departement van Arbeid geregistreer is
  • Reëls rakende eise by WVF
    • Om die maksimum tydperk te eis, moes die werknemer ten minste 4 jaar bygedra het tot WVF
    • Indien iemand 'n werk verloor het of uit diens gestel is, is die maksimum eisperiode 365 dae
    • As 'n werker nie by die werk is vir 7 dae nie, weens siekte, en hy/sy word nie betaal deur die werkgewer nie, mag WVF-vergoeding geëis word
  • WVF gee ook verligting aan die afhanklikes van afgestorwe werknemers wat tot die fonds bygedra het
  • Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA)

    Indien 'n werknemer beseer word terwyl hy sy aan diens is of as gevolg van die werk siek word of ongeskik vir werk verklaar word, is die persoon daarop geregtig om vergoeding te eis
  • Elke werkgewer registreer by die Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektesfonds en 'n jaarlikse bedrag word betaal gebaseer op die werker se verdienste en die risiko verbonde aan daardie spesifieke werk
  • Die werkgewer moet verseker dat sekere minimum veiligheidskriteria op die terrein volgens die reëls ingestel is en dat alle toerusting in goeie werkende toestand is, sodat die risiko van moontlike beserings of dood verminder word
  • Hoe om te eis by COIDA
    • Die werknemer moet die werkgewer so gou moontlik na 'n besering-aan-diens in kennis stel daarvan
    • Die werkgewer moet binne sewe dae die eis, mediese verslag en ander relevante dokumente na die Vergoedingskommissaris stuur
  • Wanneer sal eise by COIDA nie betaal word nie?

    • Huishulpe in privaatdiens kan nie eis nie, maar huishoudelike werkers in diens van 'n hotel of gastehuis mag eis
    • Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens word nie deur die Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektesfonds gedek nie omdat hule aan 'n eie fonds behoort
    • Indien die eis 12 maande of langer na die datum van die insident of die datum van diagnose ingedien word, sal dit outomaties verwerp word
  • Voordele van COIDA / Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes

    • Die werknemer wat beseer is of siek word as gevolg van die werk, sal geldelike bystand ontvang vir mediese fooie
    • Beter mediese sorg vir werknemers beteken ook dat die werknemer waarskynlik gouer sal terugkeer werk toe en dit is goed vir die besigheid se produktiwiteit
  • Nadeel van COIDA / Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes

    • Daar is vele veiligheidsvereistes wat werkgewers moet instel volgens die Wet. Dit kan moeilik en duur wees vir werkgewers om aan al hierdie vereistes te voldoen
  • Huishulpe in privaatdiens kan nie eis nie, maar huishoudelike werkers in diens van 'n hotel of gastehuis mag eis
  • Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens word nie deur die Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektesfonds gedek nie omdat hule aan 'n eie fonds behoort
  • Indien die eis 12 maande of langer na die datum van die insident of die datum van diagnose ingedien word, sal dit outomaties verwerp word