Aktiwiteit 3: Identifiseer die halfronde op 'n aardbol
1. Sit jou hand oor die Noordelike Halfrond
2. Sit jou hand oor die Suidelike Halfrond
3. Sit jou hand oor die Westelike Halfrond
4. Sit jou hand oor die Oostelike Halfrond
5. Vind die plek waar die ewenaar deur Afrika loop
6. Vind die plek waar die Greenwich-meridiaan deur die westekant van 'n deel van Afrika loop
7. Vind die Greenwich-meridiaan in die Atlantiese Oseaan aan die westekant van Suid-Afrika
8. Trek 'n buitelyn van Afrika op die regte plek op jou bal of ballon