The first step to writing an essay is choosing the right topic.
Rekeningkunde
Kommunikasiemiddel om 'n spesifieke boodskap van die onderneming se finansies oor te dra
Rekeningkunde kyk spesifiek na 'n onderneming se geldsake, maar dit is ook belangrik om oor genoeg finansiële kennis te beskik sodat jy eendag jou eie persoonlike finansies kan bestuur
Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk (AARP)
Reëls en prosedures waaraan elke onderneming moet voldoen
Diensonderneming
Verdien 'n inkomste deur 'n diens aan sy kliënte te lewer
Diensonderneming
haarkappers
loodgieters
elektrisiens
Handelsonderneming
Verdien 'n inkomste deur handel te dryf en 'n wins te maak, d.w.s. deur goedere aan te koop en dit dan weer teen 'n hoër prys te verkoop
Handelsonderneming
klerewinkels
voedsel verskaffers
algemene handelaars
Bates
Kontant of eiendom wat in kontant omgeskakel kan word
Bates
Nie-bedryfsbates
Bedryfsbates
Nie-bedryfsbates
Eiendom/besittings van die onderneming met 'n lang lewensduur (langer as een jaar)
Nie-bedryfsbates
Grond en geboue
Toerusting
Voertuie
Bedryfsbates
Bestaan uit kontant of besittings wat binne een jaar in kontant omgeskakel kan word
Bedryfsbates
Handelsvoorraad
Bank
Spaarrekening
Kleinkas
Wisselgeld
Debiteurekontrole
Grond en geboue
Enige eiendom wat die onderneming besit
Toerusting
Bates wat aangewend word om goedere mee te vervaardig of 'n diens te lewer
Voertuie
Enige motor aangedrewe voertuig/motorfiets wat die onderneming besit
Handelsvoorraad
Goedere wat deur die onderneming aangekoop word, met die doel om dit weer teen 'n hoër prys (wins) te verkoop
Bank
Verwys na die geld wat in die onderneming se bankrekening
Spaarrekening
Verwys na geld wat die onderneming na 'n aparte rekening oorplaas, met die doel om te spaar en meer rente te verdien
Kleinkas
Kontant wat gebruik word om klein betalings te maak; word in 'n sluitkassie in die onderneming se kluis gehou
Wisselgeld
Kontant wat in die kasregister gehou word en gebruik word as kleingeld vir die kliënte
Debiteurekontrole
Verwys na individue of ondernemings wat aan die onderneming geld skuld vir goedere op skuld aangekoop
Eienaarsbelang
Eienaar se belang in die onderneming, ook bekend as ekwiteit
Eienaarsbelang
Kan verander deur ontrekkings, kapitaal, uitgawes en inkomste
Ontrekkings
Wanneer die eienaar geld en/of bates weer uit die onderneming terugneem
Kapitaal
Geld en/of bates wat die eienaar aan die onderneming oordra
Uitgawes
Items wat gekoop/betaal moet word, ten einde vir 'n onderneming om te kan handeldryf
Koste van verkope
Kosprys van handelsvoorraad wat VERKOOP is
Huuruitgawe
Geld wat die onderneming betaal vir die huur van 'n eiendom
Water en elektrisiteit
Betaling aan die munisipaliteit/privaat onderneming vir die water en elektrisiteit wat gelewer is
Telefoon
Koste van die maand se oproepe, wat betaal moet word
Inkomste
Geld wat deur die onderneming verdien/ontvang word
Inkomste
Verkope
Lopende inkomste
Huurinkomste
Verkope
Geld ontvang wanneer handelsvoorraad verkoop word
Lopende inkomste
Inkomste verdien deur 'n handelsonderneming
Huurinkomste
Geld wat die onderneming ontvang vir die verhuring van 'n eiendom
Rente op lopende bankrekening
Geld ontvang vanaf die bank omdat daar geld in die onderneming se bankrekening is
Laste
Geld wat die onderneming aan ander instansies skuld