Spierweefsel

Cards (8)

  • Spierweefsel funksie
    Die sametrekking en verslapping van spiere het beweging in verskillende liggaamsdele tot gevolg
  • Tipes spierweefsel
    • Gestreepte spierweefsel
    • Gladde spierweefsel
    • Hartspierweefsel
  • Gestreepte spierweefsel
    • Aan been geheg en het die beweging van die skelet tot gevolg
    • Skeletspiere is uit 'n groot aantal spiervesels (spierselle) opgebou
    • Spiervesel is 'n lang silindervormige sel
    • Spiervesel besit ligte en donker bande, vandaar die naam 'gestreep'
    • Inhoud van spiervesel bestaan uit sitoplasma (sarkoplasma), 'n hele aantal ovale selkerne en mitochondria
    • Selinhoud word deur 'n dun, elastiese selmembraan, die sarkolemma omsluit
    • Elke spiervesel bestaan uit duisende miofibrille
  • Funksie van gestreepte spierweefsel
    Skeletspiere werk in pare, wat willekeurig saamtrek en verslap en gekoördineerde beweging van spesifieke liggaamsdele tot gevolg het
  • Gladde spierweefsel
    • Kom onder andere in die wande van die spysverteringskanaal, blaas, bloedvate en uterus voor en is nie aan been geheg nie
    • Gladde spiere bestaan uit spoelvormige spiervesels, met een groot ovale selkern per vesel
    • Inhoud van gladde spiervesels bestaan ook uit sitoplasma (sarkoplasma) wat deur 'n selmembraan (sarkolemma) omring is
  • Funksie van gladde spierweefsel
    Die onwillekeurige sametrekking en verslapping van gladde spiervesels het langsame, ritmiese bewegings tot gevolg. Dit verseker bv. peristalse in die spysverteringstelsel en reguleer bloedvloei in die arteries
  • Hartspierweefsel
    • Kom slegs in die wande van die hart voor
    • Hartspiere bestaan uit vertakte spiervesels wat met spierbruggies aan mekaar geheg is
    • Vesels is ook gestreep, maar het slegs 'n enkele selkern in die middel van elke vesel
    • Interkalêre skyfies (donker bande) maak deel uit van die sarkolemma en versnel die oordrag van impulse
    • Inhoud van die spiervesels bestaan ook uit sarkoplasma wat deur 'n dunner sarkolemma omsluit word
  • Funksie van hartspierweefsel
    • Hartspierweefsel vertoon outomatisme wat die ononderbroke, onwillekeurige sametrekking en verslapping van die hart tot gevolg het
    • Spiersametrekking en -verslapping veroorsaak die ritmiese pompaksie van die hart
    • Hartspierweefsel maak vanself rukbewegings, sonder dat dit deur senuwees gestimuleer word
    • Die brein koördineer die rukbewegings van hierdie selle om die ritmiese sametrekking te skep