Dikotiele blaar

Cards (19)

  • Orgaan
    Groep verskillende weefsels wat saamwerk om 'n gemeenskaplike, spesifieke funksie te verrig
  • Plantorgane
    • Wortels
    • Stingels
    • Blare
    • Blomme
  • Elke plantorgaan is gespesialiseerd om bepaalde funksies te verrig
  • Hooffunksies van blare
    • Vang sonlig vas vir fotosintese
    • Laat transpirasie en gaswisseling deur die huidmondjies toe, vir fotosintese en respirasie
    • Vervoer van water en vervaardigde voedingstowwe
  • Transpirasie
    Die verlies aan waterdamp deur die bogrondse dele van die plant
  • Inwendige struktuur van 'n blaar
    • Epidermis (boonste en onderste)
    • Mesofil (palisade- en sponsmesofiselle)
    • Vaatbundels/are
  • Palisademesofiselle
    Langwerpige, dunwandige parenchiemselle wat net onder die boonste epidermis geleë is, met groot getalle chloroplaste om sonlig maksimaal te absorbeer vir fotosintese
  • Sponsmesofiselle
    Onreëlmatige, losgepakte parenchiemselle met groot interselulêre ruimtes vir doeltreffende gaswisseling, met minder chloroplaste as palisademesofiselle
  • Epidermis
    Beskerm die onderliggende weefsels, met 'n wasagtige, deurskynende kutikula wat vogverlies verminder maar sonlig deurlaat vir fotosintese
  • Huidmondjies
    Verantwoordelik vir gaswisseling (O2 in, CO2 uit) en transpirasie (waterdamp uit) deur diffusie
  • Osmose
    Beweging van watermolekules van 'n hoë waterpotentiaal na 'n lae waterpotentiaal, deur 'n semipermeabele membraan, totdat ewewig bereik is
  • Water word deur osmose vanaf die wortels na die blare vervoer, waar dit vir fotosintese gebruik word
  • Die floëem vervoer organiese voedingstowwe, wat gedurende fotosintese in die blaar vervaardig is, na ander plantdele
  • Blaarskyf (lamina)
    • Plat - verskaf 'n groot buite-oppervlak om soveel as moontlik sonlig te absorbeer
    • Dun - gaswisseling deur diffusie vind redelik maklik plaas
  • Kutikula
    • Waterdig en deurskynend - voorkom vogverlies en laat sonlig deur na die mesofilselle
  • Epidermisselle
    • Deurskynend - laat sonlig deur na die mesofilselle
    • Onderste epidermis het baie huidmondjies - verseker dat gaswisseling (CO2. O2 en waterdamp) en minder waterverlies as gevolg van blootstelling aan lig plaasvind
  • Palissademesofilselle
    • Direk onder die boonste epidermis en is regop gerangskik met geen intersellulêre ruimtes nie - grootste moontlike oppervlak is aan sonlig blootgestel
    • Besit groot getalle chloroplaste -om maksimum hoeveelheid sonlig te absorbeer
    • Besit dun selwande-vergemaklik osmose en diffusie van gasse in en uit die selle
  • Sponsmesofilselle
    • Besit groot intersellulêre ruimtes - vergemaklik doeltreffende gaswisseling
    • Besit chloroplaste - absorbeer sonlig
    • Besit dun selwande-vergemaklik osmose en diffusie van CO₂ en O2 in en uit die selle
  • Vaatbundels
    • Besit xileem - vervoer water en opgeloste minerale soute na die mesofilselle
    • Besit floëem - vervoer vervaardigde organiese voedingstowwe na ander plantdele