Bewegingstelsel

Cards (10)

  • Skelet
    Asskelet is die bene in jou liggaam wat vas is aan ander dele van jou skelet en hulle beweeg nie, bv. die skedel, werwelkolom, ribbebene en borsbeen.
    Aanhangskelet is die bene in jou liggaam wat van jou assekelet hang en hulle maak beweging moontlik, bv. sleutelbeen, skouer en arms, pelvis en bene.
  • Funksies van die skelet
    • Raamwerk wat vorm aan die liggaam gee.
    • Beskerm en ondersteun ander weefsels en organe in die liggaam.
    • Bene produseer gedurig bloedselle en is dus aktief
    • Dien as bergplek vir minerale soos kalsium en fosfor.
    • Stel die liggaam in staat om te beweeg.
  • Tipes spiere
    1. Skeletspiere - beweging wat gesien kan word (willekeurig).
    2. Gladdespiere - verantwoordelik vir die sametrekking van inwendige organe, bv. peristalse (onwillekeurig).
    3. Hartspiere - kom slegs in die hart voor en laat die hart klop (onwillekeurig).
  • Funksies van spiere
    • Sametrekking en ontspanning.
    • Beweging (inwendig)
    • Voortbeweging (skeletspiere)
  • Antagonistiese spiere
    • Alle skeletspiere werk in pare.
    • Spiere kan saamtrek en ontspan, maar kan nie ditself strek of druk nie.
    • As jou biseps saamtrek, ontspan jou triseps want die elmboog buig.
    • Wanneer die triseps saamtrek, strek dit jou elmboog en maak die arm reguit en die biseps ontspan.
  • Senings, ligamente en kraakbene

    Senings - heg spiere aan die bene vas.
    Ligamente - (bene kom saam by 'n gewrig) hou bene by 'n gewrig bymekaar en laat ruimte vir beweging.
    Kraakbene - tipe bindweefsel wat die bene by gewrigte bedek, maar kan ook selfstandig voorkom (oor) en dien as skokbrekers om vrywing te voorkom.
  • Siektes wat die skelet aantas
    1. Ragitis
    2. Osteoperose
    3. Artritis
  • Ragitis
    O: Kindersiekte wat ontstaan deur 'n tekort aan Vitamine D. Vit. D behou vlakke van kalsium en fosfor in die bene wat hul sterk maak.
    S: Swak en sagte bene, vertraagde beenvorming, en (ernstige gevalle) misvorming van die skelet.
  • Osteoporose
    (Bene is lewendige weefsel wat afbreek en moet vervang word. Gebeur wanneer been nie so vinnig vervang kan word soos dit afgebreek word.)
    O: Ouderdom en afname in hormone estrogeen (vrouens) en androgeen (mans). Vrouens is meer vatbaar a.g.v menopouse.
    Tekort aan vitamine D en kalsium.
    Ondergewig
    S: Rugpyn, krom postuur en bene wat maklik breek.
  • Artritis
    Siekte wat swelling en pyn in gewrigte veroorsaak a.g.v. inflamasie.