Afr

Cards (244)

  • Leesbegrip
    Om te verstaan (begryp) wat 'n mens lees, vorm die basis van effektiewe studie
  • Deur jou leesbegrip te verbeter, sal jy dus nie net jou eksamenpunte verbeter nie, maar ook jou kanse op sukses in die lewe
  • Wanneer jy 'n leesbegripstoets moet beantwoord

    1. Bestudeer die titel van die leesstuk
    2. Bestudeer die visuele prikkels
    3. Lees eers net die eerste paragraaf, die eerste sin van elke daaropvolgende paragraaf en die laaste paragraaf
    4. Lees die hele stuk versigtig en aandagtig
    5. Lees nou al die vrae deur
    6. Neem die vrae een vir een en soek die antwoorde in die teks
    7. Nadat jy al die antwoorde neergeskryf het, kan jy hulle weer oorlees
  • Soorte antwoorde wat gewoonlik vereis word

    • Volsinantwoorde
    • Eenwoord-antwoorde
    • Antwoorde waarin 'n woord of 'n paar woorde uit die teks aangehaal moet word
    • Antwoorde waarin jy slegs waar of onwaar moet beantwoord, en dit motiveer
    • Antwoorde waarin jy moet kies uit vier gegewe moontlikhede
  • Volsinantwoorde
    • Probeer om so korrek moontlik te skryf, sodat jy nie punte verloor vir taal-, spel- en leestekenfoute nie
    • Kyk na die punte wat vir elke onderafdeling toegeken word
    • As jy gevra word om in een enkele volsin te antwoord, kan jy punte verloor as jou antwoord uit meer as een sin bestaan, of as dit nie 'n volsin is nie
  • Eenwoord-antwoorde
    Moenie in 'n sin antwoord wanneer jy slegs 'n woord moet gee nie
  • Aanhalings uit die teks

    Plaas die aangehaalde gedeelte tussen aanhalingstekens
  • Meerkeusevrae
    • Lees die instruksie en bewoording van die vraag baie goed deur
    • Soms moet jy die korrekte antwoord kies, soms die een wat nie pas nie
  • Waar of Onwaar

    • Gewoonlik moet jy hierdie antwoorde kan motiveer
    • Geen punte word vir die Waar of Onwaar toegeken nie, slegs vir die motivering
  • Feit
    Iets wat werklik bestaan, kan deur navorsing, eksperimente of waarnemings bewys word
  • Mening
    Die siening van 'n persoon, woorde soos dink, voel, is oortuig, die meeste mense sê, almal, word gebruik
  • Jou leesbegrip sal net verbeter as jy dit oefen
  • Deur te lees, word jou woordeskat uitgebrei
  • As jy baie lees, sal jou leesspoed ook verbeter
  • Jou algemene kennis sal uitbrei as jy meer lees
  • Dis onwaarskynlik dat jy in die skool genoeg oefening in die beantwoording van leesbegripstoetse sal kry
  • Wenke om punte vir leesbegrip te verbeter

    • Moenie in die eksamen oorhaastig wees nie
    • Moenie antwoorde met "want" begin nie
    • Let op dat 'n sin wat met "omdat" begin word, 'n komma in die middel moet hê
    • Laat reëls tussen jou begripstoetsantwoorde oop
  • Vraagwoorde
    • Wie se
    • Wat
    • Watter
    • Waarom
    • Hoekom
    • Hoe
    • Hoeveel
    • Hoe laat
    • Wanneer
    • Waar
    • Waarin
    • Waarop
    • Waaruit
    • Waarmee
    • Waarvandaan
    • Waarheen
    • Waarna
    • Waarnatoe
    • Het
    • Het jy
  • Bevelwoorde
    • Beskryf
    • Voltooi
    • Verbind
    • Beantwoord
    • Onderstreep
    • Waarom dink jy
    • Verduidelik
    • Vertel van
    • Kies
    • Vergelyk
    • Skryf in jou eie woorde
    • (Be)antwoord in 'n volsin
    • Lees aandagtig deur die volgende
    • Haal opeenvolgende woorde aan
  • Visuele tekste

    • Die woorde en onderskrifte by 'n advertensie en spot-en strokiesprente is baie belangrik
    • Lettergrootte en lettertipe word verskillend gebruik om sekere inligting onder ons aandag te bring
    • Hoof- en subopskrifte word op verskillende maniere gebruik om die opskrif te beklemtoon
  • Denotasie
    Dit is wanneer 'n saak presies is soos die woorde sê. Ons kan ook praat van die woordeboek se betekenis van die woord.
  • Konnotasie
    Dit is wanneer 'n woord op 'n ander betekenis vlak gebruik word. (beeldspraak/idiome)
  • Gevoelstaal
    Dit is woorde wat gebruik word om emosie uit te beeld.
  • Manipulerende/Oorredende Taal
    Dit is taal wat gebruik word om ander mense te beïnvloed.
  • Partydigheid
    Dit is wanneer slegs een persoon se kant gestel of gekies word. Daar is nie regverdigheid nie.
  • Stereotipering
    Dit is wanneer 'n persoon of groep mense volgens 'n vaste idee geoordeel word.
  • Woordspeling
    Die letterlike en figuurlike betekenis van 'n woord word op so 'n manier gebruik dat altwee betekenisse van toepassing is.
  • Retoriese Vraag

    Dit is 'n vraag wat gestel word waarop 'n antwoord nie verwag of gegee word nie.
  • Vooroordeel
    Dit is wanneer 'n persoon of saak veroordeel word nog voordat die nodige feite bekend is.
  • Kritiese Taalbewustheid
  • Die hoofsaak by die opsomming is die vermoë om die kerngedagtes van die teks uit te lig en dit dan in 'n bepaalde woordetal weer te gee. Die aantal woorde moet aan die einde van die antwoord tussen hakies aangedui word. Kunsmatige, onafrikaanse samestellings is ontoelaatbaar.
  • Tegnieke om 'n teks te verkort

    1. Skryf in die teenwoordige tyd
    2. Moenie die ontkennende vorm gebruik nie
    3. Skakel byvoeglike naamwoorde en bywoorde uit
    4. Skakel verduidelikings uit
    5. Die kernsin is gewoonlik voor die voegwoord
    6. Woorde soos "moet"/"jy behoort"/"dis belangrik" bevat gewoonlik die kernsin
    7. Begin so ver moontlik jou antwoord met 'n werkwoord
    8. Hou by die kernwoorde van die teks; moenie jou interpretasie van die teks gee nie
  • Die meeste leerlinge weet dat 'n hoofletter gebruik word om 'n sin of eienaam te begin.
  • TEGNIEKE OM 'n TEKS TE VERKORT

    1. Tel jou woorde en maak hulle minder as dit nodig is deur veral onnodige beskrywings uit te laat
    2. Elke punt moet nog steeds 'n volsin wees wat grammatikaal korrek is
    3. Telegramstyl is onaanvaarbaar
    4. Skryf jou opsomming netjies oor en skryf onder aan hoeveel woorde jy gebruik het
    5. Alle spel -, interpunksie- en taalfoute word aangedui en aan die einde van die vraag gepenaliseer
    6. Moenie woordeliks aanhaal nie
    7. Trek 'n streep deur jou rofwerk
  • BUIG die boompie terwyl
    • Skryf in die teenwoordige tyd
    • Moenie die ontkennende vorm gebruik nie
    • Skakel byvoeglike naamwoorde en bywoorde uit
    • Skakel verduidelikings uit
    • Die kernsin is gewoonlik voor die voegwoord
    • Woorde soos "moet"/"jy behoort"/"dis belangrik" bevat gewoonlik die kernsin
    • Begin so ver moontlik jou antwoord met 'n werkwoord
    • Hou by die kernwoorde van die teks; moenie jou interpretasie van die teks gee nie
  • SKRYFTEKENS
    • HOOFLETTERS
    • LEESTEKENS(Punktuasie)
  • Die meeste leerlinge weet dat 'n hoofletter aan die begin van 'n sin staan en dat spesiale name van mense, diere, plekke, berge, riviere, ens. met hoofletters geskryf moet word
  • Alle titels soos dokter, dominee, professor, kaptein, luitenant, prins, koning, meneer, mevrou, mejuffrou, ens., word in die middel van sinne met kleinletters geskryf
  • Die "van" in Van der Merwe, die "de" in De Wet, ens. altyd klein is na 'n voornaam of voorletter. As daar egter geen naam of voorletter voor staan nie, is die eerste letter van die van (surname) altyd 'n hoofletter