Econ 112 hfs 9-11

Subdecks (1)

Cards (115)

  • Formele firmas – eenmansaak, vennootskappe, maatskappye, BK's, koöperasies, trusts, openbare korporasies
  • Informele firmas – firmas wat nie formeel geregistreer is nie, bv. spaza winkel
  • Eenmansaak verskaf gewoonlik net een produk/diens; terwyl maatskappy/e 'n verskeidenheid produkte produseer met insette vanaf verskillende markte
  • Korporasie = groot klomp maatskappye onder beheer van dieselfde groep mense, ook 'n piramide/konglomeraat genoem
  • Firma se hoofdoelwit
    Streef na maksimum wins
  • Ander doelwitte
    Mark oorheers deur verkope te maksimeer of deur markaandeel te vergroot
  • Wins
    Positiewe verskil tussen inkomste en koste
  • Totale inkomste (TR)

    Totale waarde van firma se verkope en dis gelyk aan P (Prys van Produk) x Q (Hoeveelheid Verkoop)
  • Gemiddelde inkomste (AR)

    TR ÷ Q
  • Marginale-/grensinkomste (MR)

    Bykomende inkomste wat verdien word deur een bykomende eenheid van produk te verkoop en dis gelyk aan = TR ÷ Q
  • Prysnemers
    Firmas wat pryse moet aanvaar wat deur mark bepaal word en kan nie self pryse van hul produkte bepaal
  • Prysmakers
    Firmas wat binne sekere perke self kan bepaal teen watter pryse hul produkte verkoop word
  • Prinsipaal-agent probleem

    Skeiding van eienaarskap en beheer van firma, bv. eienaar van firma is nie in beheer van bestuur van firma
  • Asimmetriese inligting
    Geval waar alle betrokkenes nie oor ewe veel inligting beskik
  • Korttermyn
    Tydperk wat so kort is dat ten minste 1 van insette nie verander kan word
  • Langtermyn

    Tydperk wat lank genoeg is dat alle insette veranderlik is
  • Geleentheidskoste
    Produksiekoste van beste alternatief wat prysgegee word a.g.v. keuse om bepaalde produk te produseer
  • Eksplisiete koste

    Geld bedrae wat firma betaal om produksiefaktore en ander insette aan te koop of te huur
  • Implisiete koste

    Geleentheidskoste wat nie in geldelike betalings weerspieël word
  • Normale wins
    Minimum wins wat eienaars van firma verlang om by bepaalde aktw'e betrokke te raak = geldelike betalings wat firma se hulpbronne in beste alternatiewe aanwendings kon verdien
  • Totale inkomste (TR)

    Styg as MR positief is
  • Totale inkomste (TR)

    Daal as MR negatief is
  • Totale inkomste (TR)

    Bly dieselfde as MR 0 is
  • Gemiddelde inkomste (AR)

    Styg as MR > AR is
  • Gemiddelde inkomste (AR)
    Daal as MR < AR is
  • Gemiddelde inkomste (AR)

    Bly dieselfde as MR = AR is
  • Sosiale koste

    Vir gemeenskap as geheel kan volle koste van produksie van enige produk/diens egter groter/kleiner as private koste van firma wees
  • Eksterne koste/negatiewe eksternaliteite
    Koste deur iemand anders as firma wat produk produseer, gedra word; bv. chemiese afvalstowwe in 'n rivier stort, addisionele koste vir gemeenskap (bo en behalwe koste wat firma dra)
  • Eksterne voordele/positiewe eksternaliteite
    Voordele wat geniet word deur ander partye as firmas wat betrokke produk produseer; bv. firma wat swembad bou wat ook deur nie-w/n's gebruik kan word = wanneer positiewe eksternaliteite gerealiseer word, is sosiale koste laer as private koste
  • Rekeningkundige wins

    Totale inkomste – totale eksplisiete koste
  • Ekonomiese wins (oormaatwins/oorskotwins/abnormale wins/suiwer wins)

    Verskil tussen totale inkomste uit verkoop van firma se produkte en totale eksplisiete en implisiete koste
  • Produksie = fisiese omvorming van insette tot uitsette
  • Intermediêre inset

    Enige produk/diens buiten basiese produksiefaktore wat gebruik word om iets anders te maak
  • Vaste inset

    Inset wat nie op kort termyn verander kan word nie
  • Veranderlike inset

    Inset wat op kort termyn verander kan word
  • Aannames om produksie oor kort termyn te ontleed:
  • Oor korttermyn kan firmas produksie uitbrei deur Q van veranderlike inset te vermeerder
  • Produksie funksie

    Verband tussen Q insette en maksimum uitset wat van insette verkry word
  • Wet van Dalende Meeropbrengs

    Namate meer van veranderlike inset met een of meer vaste insette in produksieproses gekombineer word, produksiepeile bereik sal word waar eerstens in grensproduk, dan gemiddelde produk en laastens totale produk begin daal
  • Gemiddelde produk (AR)

    Gemiddelde hoeveelheid uitset wat per eenheid van die veranderlike inset geproduseer word = Totale produk (TP) ÷ Hoeveelheid van veranderlike inset (N)