Unieke individue wat kreatiewe besigheidsgeleenthede identifiseer, risiko neem van die stigting van 'n onderneming, talente en vaardighede het om die onderneming te bestuur en te groei en in die proses welvaart en werksgeleenthede skep
Tipes entrepreneurs
Geleentheid entrepreneurs
Noodsaaklikheid entrepreneurs
Oorlewing ondernemings
Geleentheid entrepreneurs
Hoë potensiaal entrepreneurs wat beoog om hul onderneming te laat groei (voorneme om te groei, die verhoging van winsgewendheid, skep werksgeleenthede)
Noodsaaklikheid entrepreneurs
Begin onderneming, want hulle het geen ander keuse nie (gebrek aan werksgeleenthede)
Oorlewing ondernemings
Gebore uit die behoefte vir 'n inkomste, maar met beperkte of geen toekomsgeleenthede
Hierdie entrepreneurs bereik nie iets nuuts of anders, net oorleef en vind slegs beperkte kliënte
KMMO's
Klein, mikro- en medium ondernemings wie se koptelling/omset val onder sekere perke/afsnypunt
KMMO's in Suid-Afrika vorm 97,5% van alle onderneming, het 55% van alle formele private sektor werknemers in diens, en meer as 90% KMMO's het minder as 20 mense
Kombinasie van alle ondernemings (KMMO's, nasionale en internasionaal) bepaal die toestand van die ekonomie
SA se doel om 6% groei te bereik in die ekonomie oor die volgende paar jaar
Indiensneming is gekoppel aan die stand van die ekonomie = as daar geen groei is, is daar minder werkgeleenthede
Suid-Afrika se werkloosheidskoers is ongeveer 26,5%
Entrepreneur
Identifiseer besigheidsgeleenthede en is bereid om berekende risiko's te neem om voordeel te trek uit die besigheids-geleenthede deur 'n wins te maak
Is in staat om 'n onderneming te vestig en ʼn onderneming te groei
Vindingrykheid
Sluit vaardighede, kennis en begrip van 'n ondernemings omgewing asook kreatiwiteit
Kreatiwiteit sluit die aanpassing of verfyning van bestaande prosedures of produkte en die erkenning van die geleentheid en oplossing vir probleme in
Behels nuwe idees wat baseer is op innovasie
Leierskap
Basis is om 'n gesonde menseverhoudings en positiewe houding te hê
'n Goeie leier is positief, goed aangepas, realisties, het self-vertroue, is groep geïrriteerd, en 'n spanleier wat oplossings soek, motiveer mense, gee individue verantwoordelikheid en gee krediet vir prestasie
Verstaan die belangrikheid van besigheidsverhouding
Berekende risiko's te neem
Vat nie kanse nie, maar voel soms dis nodig om berekende risiko's te neem
Moet eers bepaal wat die risiko's behels deur dit self te evalueer, bv. deur die doen van marknavorsing/haalbaarheid en geldigheid studies of met behulp van kenners
Entrepreneurs bereken die waarskynlike uitslag voordat hulle besluite neem
Entrepreneurskap proses
1. Identifisering en evaluering van 'n besigheidsidee
2. Ontwikkeling van ʼn besigheidsplan vir ʼn lewensvatbare besigheidsidee
3. Vestiging en groei van die onderneming
Aanvanklike (formatiewe) fase
Onderneming is gewoonlik spontaan met informele kommunikasie en gesentraliseerde besluitneming
Tweede (groei) fase
Word gekenmerk deur die doeltreffende bedryf van take, formele kommunikasie tydens geskeduleerde vergaderings en beleid en prosedures
Tipes entrepreneurs
Tydelike entrepreneurs
Groei georiënteerde entrepreneurs
Tydelike entrepreneurs
Word nie-entrepreneuries sodra hulle 'n onderneming stig
Primêre motief is om self-regerend en onafhanklik te wees
Wil nie groei nie
Groei georiënteerde entrepreneurs
Vestig nie net 'n onderneming nie maar groei ook die onderneming
Bevordering van die ekonomie van 'n land
Sukses word bepaal deur hulle vermoë om hul bestuurs- en leierskapstyl aan te pas by die verandering wat in die groei fases van die onderneming plaasvind
Drie tipes leierskap in entrepreneuriese ondernemings
Entrepreneurs wat nuwe ondernemings skep
Bestuurders wat hierdie onderneming laat groei en optimaliseer
Leiers wat onderneming transformeer op kritieke stadiums
Agt gemeenskaplike kenmerke tussen leiers en entrepreneurs
Visionêre
Risikonemers
Prestasie-georiënteerd
Kan ander motiveer
Kreatief
Buigsaam
Volhard
Verskillende loopbaan ankers
Entrepreneuriese loopbaan anker
Bestuurs loopbaan-anker
Bekwaamhede wat noodsaaklik in vir algemene bestuur
Entrepreneuriese loopbaan anker
Primêre oorweging is om iets nuuts te skep
Motivering het om struikelblokke te oorkom
Bereidwilligheid om risiko's te neem
Begeerte vir persoonlike vernaamheid in alles wat vermag word
Bestuurs loopbaan-anker
Primêre oorweging is om pogings van ander te integreer om ten volle aanspreeklik te wees vir die totale resultate en verskillende funksies in 'n besigheid saam te bind
Bekwaamhede wat noodsaaklik in vir algemene bestuur
Analitiese vaardighede
Interpersoonlike vaardighede
Intergroep vaardighede
Emosionele vaardighede
Tipes entrepreneuriese ondernemings
Informele sektor
Mikro-en klein sakesektor
Medium en groot sakesektor
Franchisegewers en franchisenemers
Korporatiewe entrepreneurskap
Informele sektor
Enige onderneming wat nie vir inkomste belasting by die SAID geregistreer is nie; ongereguleerd, baie belangrik vir ekonomie
Mikro-en klein sakesektor
Begin en bestuur deur een persoon, soms klein maar groei na middel tot groot onderneming
Mikro as hul 5 of minder werknemers en 'n omset van tot R100 000 ʼn jaar het
Bale klein = Tussen 6 en 20 werknemers in diens
Klein = tussen 21 en 50 werknemers in diens
Medium en groot sakesektor
Vaardighede benodig op die vlak verskil van die mikro en klein sake-vlak
Medium = 200 mense in diens
Groot = meer as 200
Franchisegewers en franchisenemers
Franchise is die wettige reg om 'n ander onderneming se sakemodel en naam te gebruik
Franchisegewer is 'n entrepreneur wat die oorspronklike onderneming besit en verkoop die reg daarvan aan 'n ander
Franchisenemer is die persoon wat 'n kleiner onderneming onder die selfde naam bedryf (het nie die vryheid om te eksperimenteer of bemark/bestuur soos hy wil nie)
Val tussen medium en groot sake-sektore
Korporatiewe entrepreneurskap
Entrepreneurskap wat in 'n bestaande onderneming plaasvind
Begin wanneer persoon of span 'n nuwe eenheid binne 'n bestaande onderneming ontwikkel deur die identifisering van 'n nuwe geleentheid/besigheidsidee
Korporatiewe entrepreneur is 'n persoon in 'n groot onderneming of korporasie wat 'n geleentheid sien en bereid is om matige risiko's te neem om 'n nuwe sake-eenheid te vestig en hulpbronne suksesvol te implementeer en wins te verseker