EBW Teorie - Ekonomiese Stelsels

Cards (26)

  • Voordele van beplande ekonomie
    • Almal kan voordeel trek uit die land se hulpbronne
    • Ekonomiese kwesbare mense (arm mense) word beskerm
    • Ekonomiese gelykheid word bereik
  • Nadele van beplande ekonomie
    • Afwesigheid van winsmotief
    • Die regering kan nie alle relevante inligting vining genoeg verwerk om goeie ekonomiese besluite te neem nie
  • Mark-ekonomie (kapitalisme)
    Privaat Individue / entrepreneurs besit die grond en natuurlike hulpbronne
  • Hoe-Mark-ekonomie(kapitalisme) 

    • Entrepreneurs besluit wat en hoeveel geproduseer moet word en waarvoor dit verkoop moet word
    • Werkers kan kles watter werk hulle wil doen en watter produkte hulle wil koop
    • Entrepreneurs besluit hoe produksie sal plaasvind
  • Voordele van mark-ekonomie
    • Individue kan self besluit wat hulle wil produseer
    • Verbruikers het 'n groter verskeidenheid om van te kies
    • Individue besit en beheer produksiefaktore
  • Nadele van mark-ekonomie
    • Ekonomiese ongelykheid
    • Elebelang
    • Ultbuiting
  • Gemengde ekonomie
    Mengsel tussen beplande en mark-ekonomie
  • Wie-Gemenge ekonomie 

    • Regering en entrepreneurs
  • Hoe-Gemenge ekonomie
    • Regering verskaf noodsaaklike dienste (soos onderwys, gesondheid, infrastruktuur) en is verantwoordelik vir wette
    • Die meeste produkte word deur entrepreneurs geproduseer
  • Voordele van gemengde ekonomie
    • Verhoog nasionale produksie in die land
    • Regering en entrepreneurs werk saam om produksievlakke te verhoog
    • Kompetisie word bevorder
  • Nadele van gemengde ekonomie

    • Entrepreneurs moet belasting betaal
    • Natuurlike hulpbronne word soms verkwis (gemors)
    • Regering is vatbaar vir korrupsie en omkopery
  • Globale ekonomie
    Ekonomie van die wêreld as 'n geheel
  • Globalisering
    Die tendens in die rigting van groter ekonomiese integrasle (lande verkopp goedere en dienste onder mekaar) en samewerking tussen verskillende lande
  • Wat beteken globalisering
    • Kapitalisme (Entrepreneurs wat produksiefaktore beheer) is besig om oor die wêreld te versprei
    • Daar is 'n afname in regeringsinmenging in die mark
    • Die volume van internasionale handel (handel tussen lande) het toegeneem en daar is 'n groot beweging van geld en mense oor internasionale grense
  • Voordele van globalisering
    • Vryhandel laat uit- en invoere toeneem, wat lei tot mededinging, groter keuse van goedere/dienste en groter inkomste
    • Vrye beweging van arbeid tussen lande kan persone se inkomste verhoog en werkloosheidsyfers verlaag
    • Vrye beweging van kapitaal lei tot werkskepping en ekonomiese groei
  • Nadele van globalisering
    • Ontwikkelde lande kan baie keer goedere goedkoper produseer as ontwikkelende lande, wat vryhandel soms onregverdig maak
    • Geskoolde werkers kan van ontwikkelende lande na ontwikkelde lande beweeg
  • Beplande Ekonomie - Wie
    Regering besit die grond en natuurlike hulpbronne
  • Beplande Ekonomie - Hoe
    Regering besluit wat en hoeveel geproduseer moet word en waarvoor dit verkoop moet word. Regering gee werkers al wat hulle nodig het en werkers het geen keuse daaroor nie.
  • Voordele van Beplande Ekonomie
    • Almal in die land kan voordeel trek uit die land se hulpbronne
    • Ekonomiese kwesbare mense (arm mense) word beskerm
    • (Almal kan kry wat hulle nodig het - niemand leef in armoede nie)
  • Nadele van Beplande Ekonomie 

    • Afwesigheid van winsmotief
    • (As al regering al die werksgeleenthede verskaf, verdien alle mense salarisse. Kreatiwiteit raak verlore)
    • Die regering kan nie alle relevante inligting vining genoeg verwerk om goeie ekonomiese besluite te neem nie
  • Beplande Ekonomie - Vir wie
    Regering besluit wie kry hoeveel van dit wat geproduseer is
  • Ekonomiese probleem
    Mense het ONBEPERKTE begeertes en behoeftes, maar BEPERKTE hulpbronne om hierdie begeertes en behoeftes te bevredig
  • Dit dwing ons om te kies hoe om skaars hulpbronne te gebruik en watter behoeftes om te bevredig
  • Ekonomiese vrae
    • WAT sal geproduseer word? En HOEVEEL moet geproduseer word?
    • HOE sal dit geproduseer word?
    • Vir WIE sal dit geproduseer word?
  • Ekonomiese stelsel
    Stelsel wat deur die regering van 'n land gebruik word om die land se ekonomiese probleem van skaarste op te los
  • Tipe stelsels
    • Sentraal beplande ekonomiese stelsel
    • Vryemark-ekonomiese stelsel
    • Gemengdemark-ekonomiese stelsel