Nog werk

Cards (21)

  • Metaaloksied
    Die produk wat gevorm word wanneer 'n metaal met suurstof reageer
  • Metaaloksiede van Groep 1
    • Litiumoksied (Li₂O)
    • Natriumoksied (Na2O)
  • Metaaloksiede van Groep 2
    • Magnesiumoksied (MgO)
    • Kalsiumoksied (CaO)
  • pH van metaaloksiede
    Metaaloksiede is basisse. Wanneer metaaloksiede in water oplos, vorm hul alkaliese oplossings (basisoplossings), dus het hul 'n pH waarde bokant 7 (pH>7)
  • Neutralisasiereaksie tussen 'n suur en 'n metaaloksied
    Sout en water word gevorm
  • Algemene vergelyking vir reaksie tussen 'n suur en 'n metaaloksied
    suur + metaaloksied → sout + water
  • Sout
    Die kristalagtige produkte van suurbasis-neutralisasiereaksies. Dit is 'n verbinding wat opgemaak word deur 'n metaal en nie-metaal
  • Hoe 'n sout gevorm word
    Die waterstof in die suur word deur die metaal vervang
  • Tipe soute wat gevorm word
    • Chloriedsout
    • Sulfaatsout
    • Nitraatsout
  • Die mens se maagsappe bevat soutsuur (HCC), wat baie verdun is. Dit help met die vertering van voedsel
  • Wanneer die konsentrasie van soutsuur in die maagsappe te hoog is
    Kry 'n person sooibrand
  • Teensuurmiddels
    Bevat karbonate om die oortollige suur in die maag te neutraliseer
  • Swembadsuur/ soutsuur (HCL) word gebruik om die pH te verlaag en Soda-as word gebruik om die pH te verhoog
  • Hoe suurreën gevorm word

    1. Die verbranding van hout en fossielbrandstowwe (soos steenkool en olie) stel koolstofdioksied (CO2), stikstofdioksied (NO2) en swaweldioksied (SO2) in die atmosfeer vry
    2. 'n Suur, soos SO2, los op in waterdamp in die atmosfeer om swawelligsuur te vorm, ook bekend as suurreën
  • Die chemikalieë in suurreën laat die verf van geboue afskilfer en beskadig dit. Dit word ook in die grond ingetrek wat oeste vernietig
  • Waarom gebruik ons koeksoda (NaHCO3) wanneer ons brood of koek bak
    Wanneer natriumwaterstofkarbonaat (koeksoda) verhit word, reageer dit met ander bestandele in die brood of koekdeeg sodat koolstofdioksied (CO2) vrygestel word. Dit maak dat die brood/koek rys
  • Wanneer 'n by jou steek/ spuit dit 'n suur in jou vel

    Dit kan geneutraliseer word deur 'n basis bv. koeksoda
  • Wanneer 'n perdeby jou steek, spuit dit 'n alkali in jou vel in

    Die brandpyn kan behandel word met 'n swak suur bv. asyn
  • Landbougrond word suur deur
    • Oorgebruik van kunsmis
    • Deursypeling van suur uit verrotte blare en organiese materiaal
  • Ideale pH-waarde van landbougrond
    Tussen 6,7 en 7
  • Landboukalk, wat gemaak word van vergruisde kalksteen of kalk (CaCO3), help om landbougrond minder suur te maak