Menslike oog

Cards (39)

  • Reseptore
    Gemodifiseerde dendriete van sensoriese neurone wat veranderings in die omgewing (stimulus) waarneem
  • Stumili
    1. reseptor
    2. sensasie/sein
    3. impuls
    4. sensoriese neuron
  • Algemene reseptore (reseptore in vel)
    • Hitte
    • Koue
    • Pyn
    • Druk
    • Aanraaking
  • Spesiale sensoriese reseptore
    • Oog
    • Oor
  • Oog
    Sien alles
  • Uitwendige eienskappe van die oog
    • Binne benige oogkaste aan die voorkant van die skedel
    • Ses uitwendige oogspiere wat beweging moontlik maak
    • Ooglede en wimpers beskerm die oog teen vreemde voorwerpe
    • Traanklier (bokant van oog) skei antiseptiese trane af wat konjuktiva beskerm teen bakterieë en uitdroging
    • Kliere van Meiboom op ooglede skei olierige vloeistof af wat oogbal smeer vir maklike beweging
  • Komponente van die oog
    • Buitenste laag: Konjunktiva, Sklera, Kornea
    • Middelste laag: Choroied, Siliaarliggaam (en siliaarspier), Iris
    • Binneste laag: Retina, Gepigmenteerde laag, Senuweelaag, Fotoreseptore, Stafies, Keeltjies, Neurale laag, Blindevlek (optiese senu.), Geelvlek
  • Hoe die oë werk in helder lig
    1. Kringspiere van die iris trek saam
    2. Die radiale spiere ontspan
    3. Die pupil vernou
    4. Die hoeveelheid lig wat die oog binnekom verminder
  • Hoe die oë werk in swak / dowwe lig
    1. Radiale spiere van die iris trek saam
    2. Die kringspiere ontspan
    3. Die pupil verwyd
    4. Die hoeveelheid lig wat die oog binnekom vermeerder
  • Pupil meganisme
    Refleksaksie wat verwys na die proses waardeur die deursnee van die pupil verander om die hoeveelheid lig wat die oog binnedring te beheer
  • Kring- en radiale spiere is antagonisties
  • Die pad van ligstrale en beeldvorming
    1. Kornea -- watervog -- pupil -- bikonvekse lens -- glasvog -- neurale laag -- fotoreseptore
    2. Wanneer lig van een stof na 'n ander beweeg (wat se digtheid verskil) buig die strale -- refraksie
    3. Kornea (meeste refraksie) & lens
    4. Ligstrale konvergeer om 'n gefokusde beeld op geelvek te vorm
    5. Reële beeld: kleiner as oorspronklike EN omgekeerd EN omgedraai van links na regs
  • Stimulasie van die fotoreseptore
    1. Keeltjies en stafies word deur lig gestimuleer
    2. Fotopigmente word afgebreek deur ligenergie; die proses genereer 'n elektriese impuls
  • Pad van senuwee-impulse
    1. Impulse beweeg vanaf fotoreseptore langs twee lae van neurone
    2. Aksons van neurone vorm die optiese senuwee (verlaat oog by blindevlek) en stuur `n sein na die visuele korteks waar sig geinterpreteer word
  • Fotoreseptore
    Stafies en keeltjies
  • Stafies
    • Ligging
    • Vorm
  • Keëltjies
    • Ligging
    • Vorm
  • Akkommodasie
    Oog se vermoë om die konveksiteit van die lens te verander om te verseker dat 'n duidelike beeld op die retina val
  • Akkommodasie vir ver visie (verder as 6m)
    1. Siliaarspier ontspan
    2. Siliaarliggaam beweeg verder weg van lens
    3. Suspensoriese ligamente trek aan lens
    4. Spanning op lens neem toe
    5. Lens word minder konveks (platter)
    6. Duidelike beeld op retina
  • Akkommodasie vir naby visie (minder as 6m)
    1. Siliaarspier trek saam
    2. Siliaarliggaam beweeg nader aan die lens
    3. Suspensoriese ligamente verslap
    4. Spanning op lens verminder
    5. Lens word meer konveks
    6. Duidelike beeld op retina
  • Binokulêre visie
    Verskaf `n wyer gesigsveld en skep die persepsie van diepte
  • Miopie
    Bysiendheid - Kan naby jou sien, maar nie ver nie. Kornea/lens is te konveks/rond. Oogbal is te lank. Ligstrale word te veel gebuig. Oplossing: Dra konkave lense.
  • Hipermetropie
    Versiendheid - Kan ver sien, maar nie naby nie. Kornea/lens is te plat. Oogbal is te kort. Ligstrale word te min gebuig. Oplossing: Dra konvekse lense.
  • Astigmatisme
    Word veroorsaak deur 'n oneweredige kromming van die kornea of selfs die lens, wat lei tot veelvuldige fokuspunt op die retina en gevolglik 'n dowwe beeld.
  • Katarakte
    Die lens bestaan gewoonlik uit water en proteïene. Soos mens ouer word kan sommige van die proteïene saamkoek en 'n wolkie op 'n deel van die lens vorm. Mettertyd kan hierdie katarak verhoed dat lig die oog binnekom en die retina bereik. So 'n persoon sal dan blind wees. Oplossing: Vervang die beskadigde lens chirurgies met 'n kunsmatige nuwe, helder lens.
  • Konjunktivitis ("Pink eyes")

    Infeksie van die konjunktivia.
  • Die verskil tussen watervog en glasvog is dat watervog suurstof en voedingstowwe bevat wat noodsaaklik is vir omliggende dele van die oog, terwyl glasvog die vorm behou en druk in die oogbal.
  • Die meeste refraksie vind plaas by die kornea.
  • Verskille tussen stafies en keëltjies
    • Stafies reageer op ligintensiteit, keëltjies op kleure.
    • Daar is meer stafies as keëltjies.
    • Keëltjies kom in die middel van die retina voor, stafies rondom die keëltjies.
  • Die optiese senuwee bestaan uit aksons van die sensoriese neurone.
  • Kliere van Meiboom
    Skei smeer af wat oogbal vogtig hou/voorkom uitdroging.
  • Die impulse word na die serebrum van die oksipitale lob gelei.
  • Reële beeld
    Kleiner, omgekeerde weergawe van die voorwerp wat op die retina gevorm word.
  • Strukture wat die lens toelaat om meer rond of platter te word
    Siliaarliggaam en suspensoriese ligamente.
  • Oogkleur
    Bepaal deur die hoeveelheid bruinpigmente in die iris.
  • "Pink eyes" is 'n infeksie van die konjunktivia.
  • Buitenste laag van oog:
    • Konjunktiva
    • Sklera
    • Kornea
  • MIDDELSTE LAAG
    • Choroied
    • Siliaarliggaam (en siliaarspier)
    • Iris  (Pupil??)
  • BINNESTE LAAG
    • Retina
    • Gepigmenteerde laag
    • Senuweelaag
    • Fotoreseptore
    • Stafies
    • Keeltjies
    • Neurale laag
    • 2 lae neurone
    • Blindevlek (optiese senu.)
    • Geelvlek