Netwerk rondom 'n enkele persoon met 'n reikafstand van 'n paar meter
Soorte netwerke
PAN
HAN
Internet
Intranet
PAN
Word rondom 'n enkele persoon gestruktureer met 'n reikafstand van 'n paar meter
HAN
Klein netwerk binne iemand se woonplek
Internet
Groot wereldwye rekenaarnetwerk
Intranet
'n Organisasie se privaat netwerk. Netwerkomgewing wat baie soos die internet is & uit webblaaie wat met die organisasie se sake verband hou, bestaan. Inligting op dit is net vir die organisasie se werknemers beskikbaar.
Basiese komponente van 'n netwerk
Hardeware
Kommunikasie-/konneksiemetode
Netwerksagteware
Hardeware
Rekenaars & randtoestelle
3 Algemene terme vir rekenaars wat in 'n netwerk gekoppel is
Werkstasie
Klient
Bediener
Werkstasie
Gewone tafelrekenaar (nie bediener) wat aan die netwerk gekoppel is
Klient
Rekenaartoestelle wat aan 'n netwerk gekoppel is & netwerkhulpbronne kan gebruik
Bediener
Kragtige rekenaar wat hulpbronne wat gedeel word, aan netwerkgebruikers verskaf. Nie 'n gebruikerrekenaar nie, beter hardewarespesifikasies, meer geheue (RAM) & groter hardeskyf.
Voorbeelde van soort bedieners
Leerbediener
E-posbedieners
Internet- of proxy-bedieners
Webbedieners
Drukkerbedieners
Databasisbedieners
Leerbediener
Gebruik om leers te stoor, beide gebruikers se leers & hul "home folders" & ander leers wat in gedeelde leergidse gestoor word. Voordeel: Gebruiker het toegang tot die leers vanaf enige rekenaar op die netwerk & hoef nie te bekommer oor rugsteun nie
E-posbedieners
Gebruik om al die e-posbehoeftes van die organisasie te hanteer
Internet- of proxy-bedieners
Maak voorsiening dat die sekuriteitsbeheer van virusse & die monitering van internetgebruik by 'n sentrale punt gedoen word, alle kommunikasie tussen die internet & netwerk vind deur hierdie bediener plaas. Web caching: Toegang tot internet kan vinniger wees deurdat webblaaie wat onlangs gebruik is op skyf behou & gestoor word
Webbedieners
Word gebruik om webwerwe te huisves
Drukkerbedieners
Gebruik om al die drukwerkvereistes van 'n netwerk met baie rekenaars & drukkers te behartig
Databasisbedieners
Voorsien toegang tot data wat in 'n sentrale databasis gestoor is
Bedienerplase/datasentrum
Groot maatskappye of organisasies gebruik baie bedieners wat saamwerk om die gevraagde inligting te voorsien
Hoe weet jy dat jy aan 'n netwerk gekoppel is?
Daar is ekstra skyfaandrywers soos U, V, T, hulle is blood leergidse op 'n bediener wat soos skyfaandrywers lyk & werk
Daar is ander rekenaars sigbaar onder Network
J het toegang tot toestelle soos drukkers wat nie direk met die rekenaar verbind is nie
'n Ikoon in die area vir boodskappe dui netwerkaktiwiteite aan
Netwerkkoppelvlakbeheerder (NIC)
Rekenaartoestelle moet koordlosevaardighede he (ingeboude koordloose aanpassers) sodat dit koordloos met die netwerk kan konnekteer
Switch
Toestel wat gebruik word om die rekenaars in 'n netwerk met behulp van kabels te koppel sodat kommunikasie tussen die rekenaars kan plaasvind. Nie vir koppeling met die internet gebruik nie. Kan data wat dit vanaf een rekenaar ontvang, na ander rekenaars in die netwerk stuur. Reguleer die kommunikasie op die netwerk om dit so effektief moontlik te maak.
Een kant van 'n netwerkkabel word by rekenaar se netwerkpoort (Wat aan NIC gekoppel is) ingeprop & ander kant aan 'n poort op die Switch ingeprop.
WLAN (Wireless LAN)
Dui aan dat ten minste 'n deel van die netwerk koordloos gekoppel is
Voordele van WLAN bo LAN
Minder bondels kabels in die pad
Gebruikers wat op draagbare toestelle werk, het meer beweegbaarheid
Maklik om rekenaars & toestelle by te voeg of te skuif omdat die netwerkpunte nie vas is nie, geen kabels word benodig
Makliker & meer prakties om van koordlose verbindings tussen geboue gebruik te maak
Makliker om LAN sonder kabels op te stel, kabels dan nie in mure of plafonne aangele hoef te word nie
UTP (Unshielded Twisted Pair)
Kabel wat gewoonlik gebruik word om rekenaars in LAN te koppel
Optieseveselkabels
Gebruik lig om data oor te dra & ondersteun dus baie vinnige data-oordrag. Duur om te installeer. Word hoofsaaklik as die ruggraat (kabel wat verskillende LAN's verbind) gebruik
Verskille tussen UTP-kabels & optieseveselkabel
Veselkabel bied baie vinniger data-oordrag as UTP-kabel
Die sein in 'n UTP-kabel begin verswak na 'n sekere afstand-totdat sein heeltemal verlore is. Veselkabels is veel langer afstande
Veselkabels is immuun teen meeluistering. Met regte apparaat kan mens UTP-kabel 'meeluister' & data wat oorgedra word in die hande kry
UTP-kabels kan deur elektroniese bronne beïnvloed word-soms EMI (electromagnetic interference). Veselkabels word nie so maklik beïnvloed nie
Toegangspunt
Bestaan uit sender/ontvanger & 'n antenna wat radioseine uitstuur & ontvang
Data-oordragspoed
Die tempo waarteen data oorgedra word d.m.v. die media wat gebruik word. 100/1000 beteken 100 Mbps / 1000 Mbps (gigabit)
Data-oordrag by WLAN is stadiger as by LAN
Netwerksagteware
Sagteware wat al die kommunikasie & al die sekuriteit in 'n netwerk beheer
Hoofdoel van rekenaarnetwerk
Gebruiker in staat te stel om te kommunikeer & sagteware, hardeware, data & inligting te deel
Voordele van LAN & WLAN
Leers word op sentrale rekenaar (leerbediener) gestoor sodat verbruikers vanaf enige rekenaar in die netwerk toegang kan kry
Toepassingsporgramme kan deur gebruikers gedeel word
Hardeware, soos drukkers, kan deur gebruikers gedeel word
Internetkonneksie kan deur gebruikers gedeel word
Internettoegang kan gemonitor word & beheer word, omdat al die gebruikers deur die sentrale bediener (proxy server) konnekteer
Nadele van LAN & WLAN
'n Netwerkadministrateur word benodig om die netwerk te bestuur
Netwerksekuriteit moet gehandhaaf word om die veiligheid van die data binne die netwerk te verseker
As die leerbediener foutief is, het gebruikers nie toegang tot hul leers nie
Nadele in koordlose verbindings
Werkverrigting kan verminder soos wat meer rekenaars in die netwerk bygevoeg word
Die sein kan deur elektroniese of elektriese steurings beïnvloed of onderbreek word
Nie so veilig as met koorde nie. Krakers & ongemagtigde persone kan makliker toegang tot koordlose netwerke kry
Netwerksekuriteit
Die reëls wat die sekuriteit van 'n netwerk verseker deur ongemagtigde toegang na, & misbruik van die netwerk te voorkom
Reëls wanneer 'n wagwoord opgestel word
Kies wagwoord wat ten minste 8 karakters lank is
Wagwoord moet uit 'n mengsel van hoofletters, kleinletters, syfers & spesiale karakters bestaan
Moet nooit jou naam, jou meisie se naam, troeteldier ens. gebruik nie
Moet nie 'n werkwoord wat 'n patroon op die sleutelbord maak, gebruik nie
Nog 'tips'
Verander wagwoord elke 2 maande
Moenie dieselfde wagwoorde vir enige 2 webwerwe gebruik nie