7.1

Cards (26)

  • Taakdefinisie
    Presies verstaan wat jy veronderstel is om te doen
  • Formulering van 'n taakdefinisie
    1. Bestudeer die scenario aandagtig
    2. Beskryf in jou eie woorde die probleem en wat gedoen moet word
    3. Dit is 'n goeie manier om seker te maak dat jy self oor die taak begin dink sodat jy beter verstaan wat jy moet doen en of jy genoeg inligting het
  • Geslote vrae
    Kan direk met feite beantwoord word. Wie? Wat? Waar? Wanneer? Hoeveel?
  • Geslote vrae
    • Watter datums is vir die matriekafskeid beskikbaar?
    • Is daar 'n begroting vir die matriekafskeid? Indien wel, hoeveel?
    • Wie gaan na die matriekafskeid uitgenooi word?
    • Hoeveel mense word by die matriekafskeid verwag?
    • Waar gaan die matriekafskeid gehou word?
  • Oop vrae
    Nie direk deur feite beantwoord word nie. Dinkskrum sessies of menings moet in ag geneem word
  • Oop vrae
    • Hoekom word die matriekafskeid gewoonlik in die derde kwartaal gehou?
    • Hoe moet mens 'n tema vir die matriekafskeid kies?
    • Wat gaan gebeur as ons 'n markiestent huur, en dit re@n daardie aand? Wat is die kanse dat dit daardie aand sal reën?
  • Hoëvlak oop vrae
    • Sou dit nie beter wees om die matriekafskeid in die laaste kwartaal te hou nie?
    • Wat sou die beste manier wees om te verseker dat die skool nie sy begroting vir die dans oorskry nie?
    • Wat sou die voor- en nadele daarvan wees om die afskeid in die skoolsaal te hou?
  • Praat met mense wat eerstehandse ondervinding het
  • Probeer jou in die situasie indink - wat sou jy in die geval gedoen het?
  • Moet geen aannames maak nie. Baie projekte het al misluk omdat mense hulle take op grond van verkeerde aannames aangepak het.
  • Hou 'n dinkskrum met 'n vriend
  • Dink weer oor al die vrae wat jy gevra het - dit sal jou dikwels na ander vrae lei. Dit sal jou ook help om die vrae binne die regte konteks te oorweeg, en in die regte volgorde te vra.
  • Vra jouself altyd af of die vraag tot die voltooiing van die taak gaan bydra. Dis sinloos om vrae te vra wat nie daartoe sal bydra nie.
  • Opnames
    • Ideaal om inligting vinnig en maklik in te samel
    • As die steekproefgroep groot genoeg is, en die teikengroep goed verteenwoordig, sal die antwoorde in die opname 'n goeie aanduiding gee van die menings van die teikengroep
    • Data uit opnames kan vinnig en maklik ingevoer en ontleed word (as die vraelys goed ontwerp is)
  • Maniere om 'n opname te doen
    • Telefonies
    • Deur die pos
    • Elektroniese vraelyste
    • Tuisbesoeke
    • Nader mense op straat of in winkelsentrums
    • Aanlyn vraelyste
  • Goed ontwerpte opnames

    • Vrae moet goed geformuleer wees
    • Gepaste ontwerpbeginsels by uitleg
  • Hoe om vrae vir vraelyste op te stel
    • Vermy vrae wat nie iets met die opname te doen het nie
    • Laat respondente eerlik beantwoord as hulle anoniem kan bly
    • Moenie bedryfstaal (jargon) gebruik wat die respondente nie verstaan nie
    • Vermy 'dubbelvrae'
    • Verskaf 'n 'ander'-opsie
    • Moet liewer nie negatiewe vraagstellings gebruik nie
    • Moenie vae woorde soos dikwels en soms gebruik nie
    • Toets die vrae eers op 'n paar van jou vriende
  • Effektiewe uitleg van 'n vraelys
    • Die doel van die vraelys moet duidelik wees
    • Gee duidelike instruksies hoe om die vrae volledig te beantwoord en wat om met die voltooide vraelys te doen
    • Beklemtoon belangrike woorde met vetdruk, skuinsdruk, onderstreping, ens.
    • Beskryf kort en kragtig wat jy wil hê
    • Los genoeg spasie sodat die respondente hulle antwoorde kan invul
    • Maak seker dat die vraelys nie oorvol en deurmekaar lyk nie
    • Nommer die vrae duidelik
    • Bedank die respondent vir die voltooiing van die vraelys
  • Gesaghebbendheid
    Of die bron 'n kenner op die gebied is
  • Affiliasie
    Of die bron aan 'n groep of instansie gekoppel kan word
  • Objektiwiteit
    Die vermoë om inligting op 'n neutrale, feitlike manier aan te bied, sonder voorbehoude en sonder om deur wat jy self glo of voel beïnvloed te word
  • Akkuraatheid
    Die korrektheid van die inligting
  • Hoe op datum die inligting is
    Verwys na hoe op datum die bron is - of die bron 'n datum aandui van wanneer dit gepubliseer of opgedateer is
  • Dekking
    Hoeveel inligting oor 'n onderwerp verskaf word, en in hoeveel diepte die inligting op die onderwerp ingaan
  • Teikengehoor
    Die groep wat jy probeer inlig, of aan wie jy verslag doen. Hulle moet in ag geneem word om te weet op watter vlak (in hoeveel diepte, en hoe 'moeilik') die inligting moet wees
  • Faktore belangrik in uitleg en ontwerp
    • Leesbaarheid
    • Konsekwente ontwerp
    • Hoe maklik mens kan navigeer
    • Hoe vinnig hulle laai
    • Of al die skakels werk