Die kleinste deeltjies (boustene) waaruit materie bestaan
Element
'n Suiwer stof wat net uit een soort atoom bestaan
Verbindings
'n Suiwer stof wat bestaan uit twee of meer verskillende atome
Subatomiese deeltjies waaruit atome bestaan
Elektrone
Protone
Neutrone
Elemente bestaan uit een soort atoom
Elke atoom (waaruit die element bestaan) het 'n bepaalde aantal protone, neutrone en elektrone
Element kan nie deur chemiese metodes in eenvoudiger stowwe opgebreek word nie en is dus die kleinste boustene waaruit verbindings bestaan
Aan elke element op die Periodieke Tabel word een of twee letters toegeken as simbool
Atome van verskillende elemente verbind in 'n vaste verhouding om 'n verbinding te vorm
'n Verbinding kan opgebreek word in die samestellende elemente waaruit dit bestaan, deur chemiese reaksies
Chemiese formule
Wys watter elemente teenwoordig is in die verbinding en hoeveel atome van elke element daar in een molekuul is
Periodieke Tabel
Horisontale rye = periodes
Vertikale kolomme = groepe
Elemente in dieselfde groep het dieselfde chemiese eienskappe
Meer metale kom voor as nie-metale
Groepe op die Periodieke Tabel
Groep 1: alkalimetale
Groep 2: alkali-aardmetale
Groep 3-12: oorgangsmetale
Groep 17: halogene
Groep 18: edelgasse
Daar is sewe diatomiese elemente
Chemiese formule
Verhouding van simbole van die elemente en die aantal atome van elke simbool in die verbinding
Formule dui aan: uit watter elemente die verbinding bestaan, die verhouding waarin die atome verbind, die aantal atome van elke element, en die aantal atome in een eenheid van die verbinding
Benoem 'n verbinding
1. Identifiseer die elemente
2. Skryf die naam van die metaal of waterstof eerste
3. Indien twee elemente, benoem die tweede element en verander die einde na -ied
4. Indien drie of meer elemente, noem die element wat nie suurstof is en verander die einde na -aat
Voorvoegsels vir verbindingsname
mono-
di-
tri-
tetra-
penta-
Algemene name vir verbindingsname
Water
Ammoniak
Aardgas
Soutsuur
Swawelsuur
Salpetersuur
Koolsuur
Tafelsout
Bytsoda
Bytpotas
Gebluste kalk
Wassoda
Kalksteen of marmer
Koeksoda
Engelse sout
Blou vitrioel
Salpeter
Koolsuurgas
Chemiese reaksie
Proses waartydens elemente en/of verbindings kombineer om nuwe stowwe te vorm
Reaktante
Stowwe (elemente en/of verbindings) wat met mekaar reageer gedurende 'n chemiese reaksie
Produkte
Nuwe stowwe wat gevorm word tydens die chemiese reaksie
Atome kan nie geskep of verlore gaan gedurende 'n chemiese reaksie nie, dus moet atome van elke element/reaktante aan die linkerkant gelyk wees aan dié vir die produkte aan die regterkant
Balanseer 'n chemiese vergelyking
1. Identifiseer die reaktante en produkte
2. Bepaal die aantal atome van elke element aan linker- en regterkant
3. Pas koëffisiënte aan totdat die aantal atome van elke element gelyk is
Verbranding
Reaksie van 'n stof met suurstof
Verbranding
1. Lug bevat suurstof
2. Suurstofatome is reaktief en kombineer met ander elemente
3. Chemiese bindings vorm en chemiese potensiële energie word in lig- en hitte-energie omgesit
4. Die brandende stof ondergaan 'n chemiese verandering en die nuwe verbinding word 'n -oksied genoem
Wanneer 'n metaal met suurstof reageer, vorm 'n metaaloksied (vaste stof)
Roes is 'n vorm van korrosie wat op die oppervlak van yster voorkom wanneer yster aan lug (wat suurstof bevat) en vog blootgestel word
Roes verswak staaltoerusting en strukture en sal in die langtermyn veroorsaak dat die staal verweer of afbreek
Oksied
Die nuwe verbinding wat gevorm word wanneer 'n stof met suurstof reageer
Algehele reaksie van metale met suurstof
Metaal + suurstof → metaaloksied
Reaksie van yster met suurstof
(Energie word as warmte en 'n klein bietjie lig vrygestel)
Reaksie van magnesium met suurstof
(Energie word as warmte en lig vrygestel)
Roes
Vorm van korrosie wat op die oppervlak van yster voorkom wanneer yster aan lug (wat suurstof bevat) blootgestel word, asook vog (water)
Korrosie
Chemiese aanval op die oppervlakte van 'n metaal, wat veroorsaak dat dit verweer of afbreek
Roes verswak staaltoerusting en strukture
Roes sal in die langtermyn veroorsaak dat die staal verweer of afbreek, wat beteken dat die staal nie meer beton in paaie, geboue en brûe kan versterk nie
Sonder die ondersteuning en versterking van staal sal die beton kraak en breek wat strukture inmekaar kan laat tuimel